Geskryf deur: Radio Tygerberg 104FM
Artikelbron: artikel verskaf 

Met die aanvang van die nuwe skooljaar het Radio Tygerberg 104FM die Graad 1’s van Parkdene Primary School in Scottsdene, Kraaifontein gaan verras. “Die doelwit was eenvoudig,” vertel Rikus van Rooy, die programbestuurder by die radiostasie. “Ons wou die jong kinders vermaak en terselfdertyd herinner dat hulle geen droom onbereikbaar is nie.”

Om die Reach for your Dream-boodskap in te kleur het Annie’s Wardrobe kostuumverhuringsmaatskappy gesorg vir ’n ruimtevaarderpak wat die kinders se verbeelding aangegryp het. “Ons drome is soos ’n ruimtevaarder wat vir ’n maanmissie beplan. Voorbereiding is alles, maar niks is onmoontlik as jy jou kop daarop sit nie,” vertel Benescke Janse van Rensburg, die digitale bestuurder by Radio Tygerberg 104FM.

Die reaksie van die skoliere en onderwysers was hartroerend. “In Scottsdene is daar verskeie huishoudings wat finansieel swaarkry,” vertel Mary Bergh, grondslagfasejuffrou by Parkdene Primary School. “Skryfbehoeftes is karig en kos is min. Vir heelwat van die skoliere is die kos by die voedingskema die enigste maaltyd van die dag. Die besoek van Radio Tygerberg maak ’n geweldige groot verskil vir beide die skool – en die skoliere.”

Te danke aan PEP Stores kon Radio Tygerberg 104FM die nuwe skoliere met skryfbehoeftes en ook kosblikkies bederf om die nuwe skooljaar in te gaan met ’n breë glimlag en ’n vol magie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 19/01/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here