Geskryf deur: Mario Denton
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
WAARSKUWING: Hierdie artikel bevat materiaal vir geesdriftige leiers wat ernstig is oor die implementering van vreeslose gesprekke. Sien gratis aanbod aan einde van artikel
Ek glo dat vreeslose gesprekke die sleutel is tot die bou van sterk verhoudings en om positiewe resultate te bereik. Die volgende punte behels sewe gesprekke met God, jouself en ander:
1 Leef volgens God se ontwerp vir jou lewe
Om dit te doen moet jy jou unieke ontwerp verstaan. Jy moet ook tot insig kom wat die uitdagings is waarmee jy in jou loopbaan te kampe het (insluitend tipiese loopbaanfoute en -hindernisse), waar jy in jou loopbaansiklus is of dalk selfs die gevolge daarvan dat jou werk en jy nie pasmaats is nie (career mismatch). Maak seker dat jy volgens jou unieke ontwerp funksioneer in dit wat jy doen.
Vrae om oor na te dink
Die uitwerking van ’n verkeerde loopbaan is baie duidelik: stres, woede, frustrasie, laer motivering en die feit dat jy God se roeping vir jou lewe misloop. Dink na oor die afgelope drie tot vyf jaar en beantwoord die volgende vrae:
• Lys jou prestasies en redes vir sukses.
• Dink na oor enige ongewone probleme wat jy te bowe moes kom en dinge wat jy geleer het.
• Watter resultate het nie aan jou verwagtinge voldoen nie? Wat sou die rede(s) hiervoor wees?
Evalueer jouself van 1-10 in die volgende areas van jou lewe:
2 Jou karakter en bevoegdhede dra by tot jou konsekwentheid
Goeie karakter troef ouderdom, posisie, finansiële status, ras, godsdiens, opvoeding, geslag en persoonlikheid. Om karakter te bou maak nie net van iemand ’n beter werknemer nie, maar ook ’n beter eggenoot, naaste, ouer en burger. Matteus 7:17 verwys na ons vermoë om lewenslange karakterkampioene te wees: “’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom nie goeie vrugte nie.” Elke boom word aan sy vrugte herken. Goeie mense bring goeie dinge voort uit die goeie wat in hulle harte is, want wat die hart van vol is loop die mond van oor.
3 Maak seker jou GPS (God se posisioneringstelsel) en jou visie is in pas met mekaar
Was jy al ooit in ’n werk waar ’n bestuurder ’n besluit geneem het waarmee jy nie saamgestem het nie? Het jy gewens dat jy iemand anders kon vra wat hulle van die besluit dink en of hulle dieselfde as jy sou doen? So ’n gesprek kan as grondslag dien om jou prestasie te verbeter. Kontroleer weer jou GPS vir turbulensie en wanbelyning.
4 Gesonde spanne en gesinne
Die doel van hierdie gesprek is om die bekommernisse van sleutelspan- of gesinslede te verstaan, insig en duidelikheid te verkry oor die organisatoriese of verhouding-situasie, asook die doeltreffendheid van die bestuurspan. Die “gesondheid” van ’n senior span is van kritieke belang vir die toekomstige sukses van enige organisasie of gesin. Hierdie gesprek sluit ’n vertroue-oudit, vrae oor die spanhartklop, betrokkenheidsgapings en hoërisiko-areas in.
• Dink jy jou span speel sy regmatige rol en lewer die dienste wat hulle belowe? Is jou gesin funksioneel?
• Hoe sal jy die kwaliteit van leierskap in jou span/gesin beoordeel?
• Wat is die grootste bekommernisse waarmee jou span/gesin tans te kampe het?
5 EQ- (emosionele kwosiënt-) hartklop
In hierdie gesprek sal jy jou sterkpunte kan identifiseer en enige blindekolle aan die lig bring deur selfassessering; ’n eerlike en akkurate bewustheid van jouself verkry om meer doeltreffend te presteer. Jy sal jou eie emosies kan monitor en aanpas tot voordeel van jouself, jou span/gesin en jou departement/huwelik. Wees EQ-fiks en staan uit.
6 Loopbaansukses en gesinsuitnemendheid
Party mense glo dat hulle gesond is wanneer die dokter niks verkeerds vind nie nadat hulle ’n mediese ondersoek gehad het. Dit is ’n gevaarlike, eensydige perspektief. Jou jaarlikse ondersoek moet ook op ’n emosionele en geestelike vlak geskied. Onderwerpe wat hanteer moet word, is leefstylbestuur, demotiveerders, bepalende oomblikke en giftige dinge wat die lewe uitdoof.
7 Bereik die eindpaal op spoed
Onderwerpe om te verken sal wees: loopbaanseisoene; leefstylanalise en welstand; leefstylbestuur; jou persoonlike gebalanseerde telkaart en hoe om jou roeping te vervul.
Ter afsluiting van hierdie gesprekke, onthou dat God ook die goeie oor jou weet. “Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding…” (Op 2:19).
DINK HIEROOR NA:
Vyf jaar van nou af doen jou plaaslike koerant ’n artikel oor jou en wil onderhoude met drie mense voer – ’n ouer, ’n broer of suster en ’n vriend. Wat sou jy wou hê moet hulle oor jou sê?
GRATIS AANBOD
Met my passie vir die bou van sterk verhoudings en met positiewe resultate in gedagte, bied ek jou die Courageous Conversations-kursus GRATIS aan – slegs vir hierdie maand (aanbod eindig 9 Feb.) Besoek www.drmariodenton.teachable.com/p/courageous-conversations of skandeer die QR-kode
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/01/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.