Artikelbron: Artikel verskaf
Radio Tygerberg 104FM, die grootste Christen-gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika het onlangs
hul 30ste bestaansjaar gevier tydens ’n swierige aand, gevul met nostalgie, getuienisse en ’n
toekomsvisie.
Hardus Zevenster (hoof- uitvoerende beampte van Radio Tygerberg 104FM)
Die geleentheid was ’n bewys van die stasie se verbintenis om luisteraars in die Kaapse Skiereiland,
Suid-Afrika asook die buiteland, deur die innoverende toep, te bedien.
Tydens die glansaand is teruggekyk na dr. Soon Zevenster se droom wat 30 jaar gelede in ’n nederige
Sondagskoolklaskamer gestalte gekry het. Hierdie droom het onder leiding van sy seun, Hardus
Zevenster, gegroei tot wat vandag bekend is as die Bloudruk Groep – wat onder meer die suster-radiostasie, GrootFM90.5 in Pretoria, asook GROOTontbyt, GROOTplaas en OntbytGrotes op KykNET insluit.
Retief Burger en Riana Nel
Die 30ste bestaansjaarviering van Radio Tygerberg 104FM was ’n huldeblyk van wat in die verlede
bereik is, opofferings wat gemaak is, en om suksesse te vier. Dit was verder ’n aand van inspirasie
veral vir dit wat voorlê.
“Ons is baie dankbaar teenoor ons luisteraars, ondersteuners, die gemeenskap asook die hele Radio
Tygerberg 104FM-familie wat saam met ons op hierdie merkwaardige reis was,” sê Hardus
Zevenster, uitvoerende hoof van die Bloudruk Groep. “Ons bly ook diep afhanklik van ons hemelse
Vader vir die volgende dekades wat voorlê.”
Die stasie bly daartoe verbind om voort te gaan met sy missie om as ’n baken van hoop en ’n stem
van inspirasie vir die Kaapse Skiereiland en Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/09/2023
Foto: (Van links bo) Charl Havenga, Rosebud Tsobane, Reinhard Kotze, Rouchelle Liedemann,
Anton Brink, Lorrein Katzke, Janeske Redeman, Liomee Vosloo, Gerald Petersen, Benescke Janse van
Rensburg. (Van links onder) Mike Potgieter, Ilse de Beer, Jan-Hendrik Fourie, Hardus Zevenster, Dennis Francis, Siwaphiwe Kweyama-Mdodana, Rikus van Rooy. Foto’s geneem deur Light Lounge studio
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








