Geskryf deur: Aliya Kuykendall Artikelbron: stream.org

Die evangelis Torben Søndergaard het in ’n video-onderhoud wat onlangs op YouTube geplaas is,
bewoë geraak toe hy gevra is om sy ervaring te beskryf toe hy sy vrou kon omhels ná meer as ’n jaar
van skeiding. Hulle is al 27 jaar getroud en was min dae van hul huwelik weg van mekaar af.
“Gedurende daardie 400 dae het ek my daagliks voorgestel hoe dit sou wees om haar weer te sien,
om haar ’n drukkie te gee. En ons het daaroor gepraat en mekaar bemoedig dat dit eendag wel alles
tot ’n einde sal kom,” onthou Torben.

“Dit was ook spesiaal omdat God met my gepraat het oor die wederkoms van ons Here Jesus
Christus … God het my die hart agter daardie teologiese lering geleer. Die verlange om ons Here te
sien verskyn en by Hom te wees. Daardie verlange het regtig in my gegroei,” het Torben gesê. “Ek
het geweet dat ek my vrou gaan sien, maar eendag gaan ek my Here Jesus Christus ook sien.”

Die dag het uiteindelik aangebreek
Die YouTube-video bevat beeldmateriaal van Torben wat sy vrou by die lughawe omhels. Sy twee
dogters het daarby aangesluit … hulle snikke was hoorbaar.

Hierdie video is deel van ’n lys van vyf: Torben se eerste video’s sedert sy vrystelling.
In daaropvolgende video’s in die lys vra Torben die breër liggaam van Christus om verskoning en sê
hy is jammer dat hy nie meer betrokke was by gelowiges wat van hom verskil nie. Hy bespreek sy
voortgesette asielsaak en sy oortuiging dat dit ’n presedent sal skep vir hoe die Amerikaanse
regering vervolging definieer aangesien sy saak uniek is. Hy bedank mense vir hul ondersteuning en
die talle briewe wat hy ontvang het en versoek finansiële ondersteuning vir die voortslepende
asielsaak.

In die eerste video in die lys, getiteld, “Prison is a Different World,” verduidelik Torben sommige van
die realiteite en probleme van sy aanhouding.


In hierdie tweede video het hy die vertel hoe wonderlik die oomblik van hereniging was.
“Dit was werklik die grootste ervaring wat ek nog gehad het. Vol emosies van verlange na iemand,
om by iemand te wees en toe kom daardie dag en ek sien haar,” het Torben gesê. “Dit het regtig iets
wonderliks in ons gedoen en dit was so goed om net weer by my familie te wees.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 27/09/2023
Foto: YouTube/The Last Reformation, videoskermskoot

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here