Geskryf deur: : Karen Faulkner www.worthynews.com Artikelbron:
Verteenwoordigers van meer as 40 lande het verlede week by die Verenigde Nasies (VN) in New
York vergader om te bespreek hoe om die geblokkeerde Israel-Palestynse vredesgesprekke te laat
herleef, berig die Jewish News Syndicate (JNS). Die vergadering, wat “Vredesdagpoging” genoem is,
was ’n inisiatief van die Europese Unie, Saoedi-Arabië, Jordanië, Egipte en die Arabiese Liga.
In ’n twiet wat die bekendstelling van hierdie inisiatief aangekondig en verduidelik het, het ’n
verteenwoordiger van die Europese Unie vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid, Josep Borrell,
geskryf: “Die Israel-Palestynse konflik versleg gevaarlik. Met ons inisiatief wil ons die pad na ’n
omvattende vrede tussen Israel en Palestina ondersteun.”
“Meer as 40 lande en afvaardigings het vandag by ons vergadering aangesluit, waar ons ingestem
het om ’n proses te begin om ’n “vredesondersteuningspakket te ontwikkel,” het Borrell gesê.
Tydens die vergadering het die deelnemers ingestem om drie seniorvlakwerkgroepe op die been te
bring:
• streeks-, politiese en sekuriteitsgroepe;
• ekonomies, handel en omgewing; en
• humanitêr en kultureel, berig JNS.
Die groepe sal oor een maand in Brussel begin werk.
In ’n verklaring aan verslaggewers ná die vergadering het Borrell gesê daar is ’n behoefte aan ’n
“sterker poging” om ’n “tweestaatoplossing” vir die Israel-Palestynse konflik te bereik. “As almal
werklik betrokke was by die ondersteuning van hierdie tweestaatoplossing, sou die oplossing reeds
daar gewees het,” het hy gesê. “Ons moet die woord by die daad voeg,” het Borrell gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/09/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf www.freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.