Artikelbron: www.worthynews.com
Israel se premier Benjamin Netanyahu het sy Amerikaanse reis in Kalifornië afgeskop deur met die miljardêr sakeman Elon Musk oor anti-Semitisme op sy sosiale media platform X te praat. Musk het pres. Netanyahu op sy beurt gevra om sy geregtelike opknapping in Israel reg te hanteer. Die twee het ook kunsmatige intelligensie (KI) bespreek in ’n regstreekse uitsending op Maandag, 18 September 2023.
Pres. Netanyahu se hoëprofiel-besoek aan die San Francisco-baai-gebied kom op ’n tydstip dat Musk beskuldig word dat hy anti-Semitiese boodskappe op sy sosialemedia-platform duld, terwyl pres. Netanyahu tuis en in die buiteland politieke opposisie beleef. Betogers het vroeg Maandag byeengekom buite die Fremon-fabriek in Kalifornië waar Tesla-motors vervaardig word.
Die amptelike agenda was om KI te bespreek, met pres. Netanyahu en die Tesla-uitvoerende hoof wat meestal saamgestem het oor die noodsaaklikheid om die voordele van die tegnologie teen sy maatskaplike risiko’s op te weeg. Pres. Netanyahu het gesê die beheer van meer gevorderde KI moet begin deur eendersdenkende state te kry om in te stem tot ’n etiese kode en gedrag om die tegnologie te bevorder en “euwels te bekamp.” Hy het egter ook gesê daar sal steeds ’n behoefte wees om “die planeet te polisieer” teen dié wat nie gehoor wil gee aan die reëls nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/09/2023 Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf commons.wikimedia.org/Netanyahu en commons.wikimedia.org/Elon_Musk
VRYWARING JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.