Geskryf deur: Tiaan Harris Artikelbron: febaradio.co.za

As God goed is, waarom is daar nog boosheid in die wêreld? Moet ’n Christen ophou alkohol drink?
Dít is die soort vrae wat FEBA Mongolië beoog om te antwoord in hul Factual Discussion-program,
wat elke Vrydagaand op plaaslike radiostasies en Facebook Live uitgesaai word.

Die gemiddelde uitsending duur 50-60 minute. Die span plaas korter segmente van die program op
Facebook, saam met ʼn 60-sekonde video. Tot dusver is die korter segmente al deur meer as 560,000
mense gekyk – dis omtrent 17% van Mongolië se bevolking!

Die Factual Discussion-program teiken beide gelowiges en nie-gelowiges. Mongolië se samelewing
en kultuur word hewig deur Boeddhisme beïnvloed, en daar is baie wanpersepsies oor Christenskap.
Die vrae wat in die program bespreek word, gee ’n aanduiding van die vals beeld wat mense het:
Beplan die Christendom om die wêreldbeskawing te vernietig? Sal Mongolië nog ontwikkel indien
ons in Christus glo? Gee Christene net voor dat hulle verander het? Deur middel van kort, duidelike
uiteensettings streef FEBA Mongolië daarna om sulke vooropgestelde idees reg te stel.
“Die Factual Discussion-program help mense om die evangelie beter te verstaan – wat die hoofdoel
is – en om onsself teen laster te beskerm in ’n samelewing wat deur Boeddhisme oorheers word,” sê
’n lid van FEBA Mongolië se span.

Gelowiges kan ook leer hoe om vrae oor hul geloof te beantwoord. “Ek gaan na ’n Christen-kerk
toe,” vertel ʼn 54-jarige luisteraar vir FEBA Mongolië. “Ek het egter besef dat ek tot vandag toe
onbewus was van belangrike konsepte oor die Bybel en my geloof. God het my twyfel deur hierdie
program opgeklaar. Ek kan nou mense se vrae beantwoord. Ek beveel [die program] gereeld aan vir
nie-gelowiges.”

Toe FEBA Mongolië onlangs hul Christen-luisteraars uitgevra het oor die probleme waarmee hulle te
doen kry in hul geloofslewe, het 65% gesê hulle ervaar ’n aanhoudende behoefte om hul geloof te
verdedig. Factual Discussion beoog juis om mense toe te rus sodat hulle dit kan doen, terwyl hulle
ook die evangelie deel. ʼn 30-jarige selgroepleier van Ulaanbaatar vertel die span: “Factual Discussion
het my al gehelp om heelwat moeilike vrae te antwoord, wat ander nie kon verduidelik nie.”
Duisende mense het die program tot nou toe op verskillende platforms gekyk, met meer as 4 000
kykers wat op Facebook Live ingeskakel het. Dit het al meer as 1 000 opmerkings ontlok. In hul
terugvoer het die meerderheid luisteraars/kykers gesê hulle verstaan Christenskap baie beter ná die
program, en dat hulle goed geleer het wat hulle in hul geloofslewe sal help. FEBA Mongolië se span
werk tans daaraan om die programinhoud aan te pas ten einde dit meer aanloklik vir jongmense te
maak.

Mag FEBA Mongolië se programme aanhou duidelikheid bring vir luisteraars, sodat hulle hul weg in
Christus kan vind.

Vir meer inligting oor FEBA, besoek gerus www.febaradio.co.za of skakel 012 335 5708.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 26/09/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here