Geskryf deur: hslda.org Artikelbroon:
’n Christen-gesin, die Romeikes, wat 15 jaar gelede uit Duitsland na Amerika gevlug het omdat hulle
hul kinders tuis wou onderrig, word nou met deportasie gedreig. Die Home School Legal Defense
Association (HSLDA), ’n organisasie wat regsondersteuning aan tuisonderriggesinne bied, berig dat
die Amerikaanse immigrasiekantoor die gesin ingelig het dat hulle die land binne vier weke moet
verlaat.
Die Romeike-gesin het hulle in 2008 in Tennessee gevestig en om asiel in Amerika aansoek gedoen
omdat tuisonderrig met enkele uitsonderings in Duitsland verbode is en omdat hulle besorgd was
oor die inhoud van die Duitse openbare skoolstelsel, veral die antichristelike en seksuele elemente
daarvan.
Aanvanklik is besluit om die gesin nie te deporteer nie, maar in 2014 is hierdie besluit ná ’n lang
regstryd omgekeer en het die gesin “onbepaalde uitgestelde aksie-status” gekry.
Die gesin moes dus oor die afgelope dekade gereeld by hulle plaaslike immigrasie-kantoor aanmeld,
maar kon werk en hulle kinders tuisonderrig. Die dreigement van deportasie het dus as ’n verrassing
gekom.
Jim Mason, die president van HSLDA, beklemtoon dat ouers in Amerika die vryheid moet hê om hul
kinders tuis te onderrig en beskou dit as ’n belangrike vryheid wat beskerm moet word.
’n Gedwonge terugkeer na Duitsland sou volgens die pa van die gesin, Uwe Romeike, rampspoedig
wees, aangesien hulle in Amerika werk en nie meer ’n huis in Duitsland het nie. Hulle het hul lewens
en toekoms in Amerika gebou.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 28/09/2023
Foto: hslda.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.