Artikelbron: www.israelnationalnews.com  

Tydens die jaarlikse Loofhuttefees sal daar vanjaar vir die heel eerste keer ’n openbare optog na die
Ebal-berg plaasvind. Dit is waar Josua ’n altaar gebou het nadat die Israeliete die Beloofde Land
binnegegaan het. Hierdie optog het uiteindelik die goedkeuring van die streeksraad van Samaria
gekry. Die Huttefees begin volgende Vrydag en op die optog sal op die tweede dag daarvan
plaasvind.

Die Palestynse Owerheid (PA) beweer egter dat Samaria deel is van die Palestynse erfenis. Onlangs
het hulle selfs klippe uit hierdie gebied verwyder om plek te maak vir ’n nuwe woongebied, wat ‘n
opstand onder inwoners en leiers van die streekraad van Samaria ontketen het. Hulle vrees ook dat
hierdie optrede dreig om die Joodse geskiedenis in hierdie gebied te vernietig.

Tydens opgrawings verlede jaar het argeoloë ’n ring ontdek wat moontlik gedra is deur ’n vrou wat
ongeveer 3 000 jaar gelede aan ’n seremonie deelgeneem het wat in die boek Deuteronomium 11
beskryf word. Benewens die ring is daar ook ander artefakte gevind.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 28/09/2023
Foto: commons.wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here