Artikelbron: cvandaag.nl
Die Russiese president, Vladimir Poetin, het onlangs tydens ’n onderhoud met die Amerikaanse joernalis, Tucker Carlson, onder meer sy geloofsoortuigings bespreek.
Die Nederlandse nuuswebtuiste, cvandaag.nl, het oor die onderhoud berig en gesê dat pres. Poetin in antwoord op‘ vraag oor sy geloofsoortuiging na Rusland se diepgewortelde Ortodokse tradisie verwys het. Hy het gepraat van Wladimir die Grote wat daarvoor gesorg het dat die Christelike geloof posgevat het onder die Russiese volk.
Pres. Poetin het beklemtoon hoe belangrik die behoud van Ortodoksie vir hom is en het toe geweld geregverdig as noodsaaklik vir selfverdediging en as verdediging van ’n mens se familie en vaderland.
Hy was skepties oor bonatuurlike magte wat aan die werk is in wêreldaangeleenthede, maar glo in inherente wette wat die mensdom en nasies beïnvloed.
Pres. Poetin het herhaaldelik sy Ortodokse geloof beklemtoon en ondersteun die Russies-Ortodokse Kerk beide retories en materieel, byvoorbeeld deur kerke te herstel en Ortodokse rituele en vakansiedae in die openbaar te vier. Volgens cvandaag.nl “bly dit tog moeilik om die diepte van pres. Poetin se persoonlike geloof en die invloed daarvan op sy politieke besluite akkuraat te bepaal.”
Kyk hier na die video:
Putin’s take on religion. pic.twitter.com/uESE8hCNoA
— Tucker Carlson Network (@TCNetwork) February 9, 2024
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 14/02/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.