Artikelbron: Christian Today 

Die situasie van Christene in Jemen raak al hoe meer kommerwekkend weens die oorlog tussen Hamas en Israel, berig Geopende Deure.

Volgens Christian Today projekteer Jemenitiese Moslems hul woede oor die situasie in Gasa op die land se klein Christelike gemeenskap.

Samuel, ʼn bekeerling wat 20 jaar gelede uit Jemen gevlug het, het gesê Christene word as sondebokke uitgekryt weens Jemen se Houthi-leiers en die sittende regering se woede oor die huidige oorlog wat in Gasa woed.

Die Houthi’s is gereeld in die nuus vanweë die aanvalle wat hulle op kommersiële skepe in die Rooi See uitvoer. Hulle fokus hoofsaaklik op skepe wat op pad na Israel is of ’n Israeliese verbintenis het.

“Die internasionale situasie met Israel sal die lewe vir Christene in Jemen al hoe moeiliker maak,” het Samuel gesê. “Dit beteken dat Moslems die Houthi’s as helde sal ondersteun. Mense sal vir Houthi’s sê wie Christen is en waar om hulle te vind. Dan sal hulle die Christene straf om die bevolking gelukkig te hou.”

Samuel skets dat die huidige regering en die Houthi-owerhede inligting deel om Christene so ‘effektief’ as moontlik te vervolg. Die land is in die vyfde plek op Geopende Deure se Christenvervolgingsranglys. Christene in die Islamitiese land loop selfs gevaar om deur hul eie familie vervolg te word.

Samuel het die land verlaat nadat hy erge vervolging gely het ná sy bekering tot die Christendom. Hy het baie doodsdreigemente ontvang en selfs sy eie pa wou hê dat hy tereggestel word. Hy het gesê hy ken ’n bekeerling in Jemen wat gevange gehou is deur sy pa en is toe ook later deur sy eie pa vermoor.

“Daar is geen manier om jou geloof as Christen in hierdie land openlik uit te druk nie. Jou lewe is in gevaar en jy kan doodgemaak word. Mense wat tot geloof in Jemen kom, verstaan ​​baie goed dat jy enigiets en alles kan verloor. Mense sterf vir Christus. Dit kan aan die hand van die polisie, jou bure of selfs jou familie gebeur.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 14/02/2024
Foto: Geopende Deure

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here