Potchefstroom Gimnasium het weer eens ’n diep geestelike en simboliese tradisie voortgesit deur die voete van hul nuwe graad 8-leerders te was. Hierdie roerende gebaar, uitgevoer deur die Gimmieraad, dien as ’n teken van nederigheid, diensbaarheid en ’n hart wat bereid is om ander te dien – soos Jesus sy dissipels se voete gewas het.
Op die skool se amptelike Facebook-blad het hulle dié spesiale oomblik só beskryf:
“Dit was rou, emosioneel en BAIE spesiaal. Die Gimmieraad het die voetewas-tradisie voortgesit en die graad 8’s van 2025 se voete gewas. Wow, wat ’n ongelooflike spesiale wyse om die Gimmie-word-naweek af te sluit. In die Bybel word ook na die nederige daad om iemand se vuil voete te was, verwys. Jesus het gekies om Sy dissipels se voete te was. Met dié gebaar wou die Gimmieraad vir die graad 8’s wys dat hulle vir hul omgee en hulle wil dien. Die boodskap aan die graad 8’s was om altyd nederig te bly en diensbaar te wees. Was mekaar se voete, lig mekaar op en bereik saam hoër hoogtes. Fokus op God se plan en trap diep spore waarin ander kan volg.”
In ’n samelewing waar individualisme dikwels beklemtoon word, dien hierdie unieke tradisie as ’n herinnering aan die krag van gemeenskap en diensbaarheid – ’n kernwaarde van Christenskap.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 30/01/2025
Foto: YOUTube skermskoot
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








