Artikelbron: www.worthynews.com 

Die Russiese president Wladimir Poetin en sy Iranse eweknie, pres. Ebrahim Raisi, het Iran se moontlike toekomstige lidmaatskap van die BRICS-groepering tydens ’n onlangse telefoonoproep bespreek, het die Russiese staatsnuusagentskap TASS berig, en die Kremlin aangehaal.

Die BRICS-groepering van ontluikende ekonomieë – wat Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika behels – sal die moontlike uitbreiding van die groep by die beraad (wat tans in Suid-Afrika gehou word) bespreek.

Pres. Poetin en pres. Raisi het ook hul steun vir die verdere ontwikkeling van bilaterale bande in handel, vervoer en logistiek en energie bevestig, het TASS berig.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 23/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here