Artikelbron: reachfm.ca 

In sy eerste preek sedert die verlies van sy negejarige dogter, het ’n pastoor van Nashville oor die kompleksiteite van hartseer gepraat en sy gemeente bedank vir hul ondersteuning gedurende die tyd van verdriet.

“Baie mense vra ons hoe dit met ons gaan. Ons weet nog nie hoe om daardie vraag te beantwoord nie. Dit gaan nie goed met ons nie, ons soek ’n nuwe balans,” sê pastoor Chad Scruggs eerlik van die kansel af.

Hallie, die pastoor se jongste kind en enigste dogter, was een van ses mense wat op 27 Maart in ‘n skietery by The Covenant School in Nashville dood is. Die 28-jarige transgender Audrey Hale het die klaskamer binnegekom op soek na slagoffers om dood te maak. Hale is uiteindelik op die toneel deur polisiebeamptes doodgeskiet.


Pastoor Chad Scruggs en sy gesin. (Facebook)

Scruggs se preek was getiteld “Loss and Gain” en die pastoor het begin deur sy liefde aan die gemeente uit te spreek. “Eerstens wil ek sê ons is lief vir julle as ’n gemeente. Ons was lief vir julle voor 27 Maart en ons het julle nou nog meer liefgekry as gevolg van die manier waarop julle ons ondersteun het.”

Die pastoor het verder gesê dat hy vertroosting vind in die boek A Grief Observed by C.S. Lewis. “Lewis het van verlies gepraat as ’n soort amputasie, wat my daarom juis gehelp het. As jy vra: ‘Hoe gaan dit?’ Wel, ons leer nou om aan te gaan met die te lewe met ’n geamputeerde ledemaat,” het Scruggs gesê.

“Dit is soos om ’n arm te verloor, om te weet dat die spookpyn van daardie verlore arm altyd daar sal wees. Jy weet net dat dit uit ons perspektief nou onmoontlik voel om ooit voor te gee dat daardie arm teruggegroei het of dat ooit weer heel voel aan hierdie kant van die hemel. So ek sou sê ons leer om met hartseer saam te leef … Dit is moontlik. Leer om met hartseer saam te leef.”

Scruggs sê hy is dankbaar dat hy, sy vrou en hul seuns nooit “alleen gevoel het” in hul tyd van hartseer nie en het sy gemeente grootliks bedank vir hul ondersteuning.

“Julle het opgedaag om saam met ons te ly, wat ’n erkenning is van die feit dat liefde dikwels die beste uitgedruk word in die skadu van die kruis. Nie in woorde nie, maar in teenwoordigheid en trane.”

“Mense ervaar die dood,” het die pastoor gesê, “wanneer verhoudings verbreek word.” Hy het toe parallelle getrek tussen die liefde wat sy gesin deur die Kerk en die kruis ervaar het. “Die dood vernietig gesinne,” het hy gesê. “Maar hier is Jesus met sy eie dood, wat ons verseker dat verhoudings,  in Hom, nooit verbreek word nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 01/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here