Artikelbron: morningstarnews.org
’n Pakistanse pastoor wie se kerk onlangs tydens die Moslem-onluste in Jaranwala geteiken is, is deur Moslems geskiet. Hulle het hom met vuurwapens in die straat aangehou en wou hê dat hy die Islamitiese geloofsbelydenis moes aanhaal en sodoende sy geloof verloën. Toe hy weier, is hy in die bors geskiet. Die man het die skietery oorleef, berig Morningstar News
Die kerk van Eleazar Sidhu (34) was een van 21 kerke wat onlangs deur woedende Moslems aangeval is. Die rede vir die geweld en onluste was ’n valse beskuldiging van godslastering. Die Presbiteriaanse kerk van Sidhu is verlede week ontsier met Islamitiese slagspreuke en die aankondiging dat die pastoor van die kerk vervloek is. “Ons het dadelik die polisie ontbied en in hulle teenwoordigheid is die mure weer wit geverf,” sê die pastoor.
’n Paar dae later is die prediker in die straat voorgekeer en deur ’n aantal Moslem-mans gedreig: “Hulle het vir my gesê dat ek uit die wêreld verwyder sou word op dieselfde manier as wat ek die graffiti van die kerkmure verwyder het.”
Verlede Sondag het een van daardie manne sy woorde gestand gedoen. Toe Sidhu ná ’n aantal pastorale besoeke terugkeer huis toe, is hy weer deur ’n aantal Moslems voorgekeer: “Een van hulle, het ’n geweer op my gerig en geëis dat ek die Islamitiese geloofsbelydenis moet opsê. Ek het geweier en eerder uit die Apostoliese Geloofsbelydenis in die Bybel aangehaal. Die man het toe losgebrand. Ek is in die bo in my borskas getref.”
Die aanvallers het gevlug en gelukkig is die pastoor nie ernstig beseer nie. Hy het dieselfde dag ‘n suksesvolle operasie ondergaan en die koeël is uit sy liggaam verwyder.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 11/09/2023
Foto: morningstarnews.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.