Artikelbron: CNE News 

Op die plein van die Franse dorp Sables-d’Olonne is ’n standbeeld van die aartsengel Migael. ’n Hof het egter beslis dat dit in stryd is met die streng skeiding tussen staat en kerk en wou hê die standbeeld verwyder moet word. Die stad se burgemeester het toe met ’n vernuftige plan vorendag gekom sodat die standbeeld behoue ​​kan bly, berig CNE News.

Die Franse regering wil alles wat met godsdiens verband hou, uit openbare ruimtes verwyder. Dit beteken dat godsdiensstandbeelde, soos dié van die aartsengel Migael in Sables-d’Olonne, nie op openbare terreine mag staan ​​nie.

Talle van die inwoners wou egter die standbeeld behou omdat hulle voel dit by die stad hoort. Burgemeester Yannick Moreau het hierdie siening gedeel. Hy het die standbeeld selfs “die boegbeeld van ons plaaslike erfenis” genoem. Daarom het hy met ’n plan vorendag gekom om die bevel te omseil, skryf France3.

“Ons het nie ons saak in die hof gewen nie. Ons moes dus met ’n plan B vorendag kom sodat die standbeeld op die plein voor die kerk kon bly,” het Moreau verlede week tydens ’n perskonferensie gesê.

En daardie plan wat inderdaad vernuftig. Die munisipaliteit het in oorleg met priester Antoine Nouwavi besluit om ’n stuk openbare grond aan die kerk te verkoop. As die standbeeld ’n paar meter verskuif sou word, sou dit op privaat eiendom wees en dus nie meer op openbare grond nie. Dit sou beteken dat die ligging van die standbeeld nie meer in stryd met die Franse wetgewing is nie.

“Ons stad is ‘n vreedsame plek. Ons word nie deur ’n standbeeld verdeel nie. Dit is hoekom ek as ’n priester hierdie oplossing voorgestel het,” het Vader Antoine Nouwavi gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/09/2023
Foto: twitter.com/YannickMOREAU

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here