Artikelbron: harvestersministries.com
Danksy die ondersteuning van ons skenkers, brei Harvesters Ministries nou sy bediening uit na Wes-Europa.
Ondanks die feit dat die bakermat van die Protestantse Christendom is, het Wes-Europa ongelukkig met verloop van jare ’n afname in godsdienstige affiliasie en praktyk gesien. ’n Onlangse navorsingstudie deur die Pew Research Centre het aan die lig gebring dat baie Europeërs hulle nou as agnosties of ateïste bestempel, terwyl die aantal mense wat as Moslem identifiseer, toeneem.
Harvesters Ministries se missie is egter om Wes-Europa na Christus terug te bring.
Die pad vorentoe – om dissipels te maak
“Kerke sê: ‘Ons het iets nuuts nodig’, ”verduidelik Ian Stanton, Harvesters se streeksdirekteur vir Wes-Europa. “En ek glo om dissipels te maak die pad vorentoe is.
Met dít in gedagte, ondersteun Harvesters kerke in die streek met evangelisasie en dissipelskapsopleiding. Ons vorm tans verbindings in verskeie Wes-Europese lande, insluitend Nederland, die VK, Spanje, België, Frankryk, Duitsland, Portugal en Skandinawië.
Harvesters gaan trouens in April sy visie en metodologie aan kerkplanters in Spanje voorlê.
Die bediening het ook ’n nuwe weergawe van sy Disciple Makers-kursus uitgereik. Dit is reeds met groot sukses in Engeland gebruik. Die kursus rus deelnemers met Bybelse gereedskap en beginsels toe vir dissipelskap, evangelisasie en kerkplanting. Harvesters gebruik hierdie beginsels reeds byna 25 jaar lank oral in die wêreld met groot sukses.
Werk onder internasionale studente
Die jonger geslag in Wes-Europa is bekend vir hulle liberale sienings, wat daartoe gelei het dat hulle baie van die tradisionele morele standpunte wat deur die Kerk gehandhaaf word, verwerp het. Hoewel dit mag lyk asof Jesus aanvaar word binne hierdie “anything goes”-kultuur, is baie van hulle nie bereid om God te aanvaar ten koste van alles nie.
Harvesters Ministries poog om hierdie narratief te verander.
Die organisasie werk onder internasionale studente by verskeie universiteite in Nederland. Die visie is om hierdie studente te dissipel. Hulle sal dan terugkeer huis toe en Jesus aan hulle vriende en families voorstel. Ons glo dat hierdie strategie sal help om Europa met die Evangelie te versadig.
Sluit by Harvesters aan in gebed
Harvesters Ministries nooi jou om saam met hulle te bid terwyl hulle hierdie sending aanpak om Wes-Europa na Christus terug te bring.
- Bid vir krag en leiding vir Ian Stanton, Harvesters se streekdirekteur vir Wes-Europa, terwyl hy in die streek werk. Vra God om die regte kontakte te voorsien.
- Bid vir kerkleiers terwyl hulle hul gemeentes toerus met Harvesters se materiaal vir evangelisasie en dissipelskap.
- Bid vir die komende voorgenome besoek aan Spanje en vir meer pastore om betrokke te raak.
- Bid dat die harte van mense in Wes-Europa oop sal wees vir die Goeie Nuus van Jesus.
• Bid vir die werk onder internasionale studente. Bid dat hulle Jesus bo alles sal kies en Hom passievol aan hulle vriende sal voorstel.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.