Geskryf deur : James Lasher
Artikelbron: charismanews.com
Groot-Brittanje is besig om voor te berei vir wat voorheen beskou is as ’n heilige oomblik wat deur God bepaal is.
Met die stryd vir die suiwer Christelike geloof in Engeland wat woed, het evangelis Ray Comfort God vir sy seën gevra om miljoene te evangeliseer tydens koning Charles se kroning op 6 Mei.
Daar is min tye in die geskiedenis wanneer so ’n plegtigheidplaasvind; dit sal 70 jaar gelede wees sedert koningin Elizabeth se kroning in Junie 1953. Dit is ’n te ryp oesveld van siele wat Jesus desperaat in hulle lewens nodig het.
Met so ʼn lang tydsverloop tussen die twee koninklikes se kroning, is baie mense deesdae onbewus van die geestelike betekenis agter die kroning self.
“Wanneer koning Charles op 6 Mei gekroon word, gaan hy sy hand uitsteek en dit op ‘n Bybel plaas en sweer om die Bybelse waarheid van verlossing uit genade, deur geloof te handhaaf,” het Comfort in ’n eksklusiewe Charisma News-onderhoud verduidelik.
“Hy gaan die verdediger van die geloof wees. Hy gaan ’n goue aardbol dra, versier met diamante en pêrels. [Dit het] ’n kruis aan die bokant en dit is simbolies van Jesus Christus se heerskappy oor die hele aarde. Hy gaan ’n septer vashou, soos Dawid vasgehou het en soos Salomo vasgehou het.
“Hy gaan gesalf word met olie … en dit sal deur letterlik honderde miljoene mense wêreldwyd gesien word,” het Comfort gesê.
Hoe kan ’n evangelis so ’n geleentheid laat verbygaan om die Evangelie van Jesus Christus tydens so ’n geleentheid te verkondig?
Comfort het gedoen wat ’n evangelis doen. Hy het ’n manier bedink om die aandag van miljoene mense te trek en daardie oomblik te gebruik om hulle aan die Verlosser van die mensdom bekend te stel.
“Ek het begin dink: Dit sal wonderlik wees om ’n traktaatjie met koning Charles op die voorkant te laat druk, en die Evangelie agterop. Ons kan dit aan mense in die strate van Londen uitdeel, want daar gaan om miljoene wees,” het Comfort gesê.
Byna 15 miljoen traktaatjies is gedruk en die Here het verskeie ander groot skenkings aan die bediening verskaf, maar dit verg werkers om die lande op te tel vir die oes.
“Agttienhonderd Christene het hulle daartoe verbind om na Londen te gaan en die traktaatjies uit te deel. Vyfhonderd Christene van Amerika vlieg na Londen om die traktaatjies uit te deel en mense van Australië, Nieu-Seeland en Europa kom ook. Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld het ons soveel belangstelling in iets gesien wat Christelik is nie,” het Comfort gesê.
Saad sal gesaai word en lewens sal aan Christus gewy word in reaksie op die Groot Opdrag.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van en.wikipedia.org aangepas
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








