Geskryf deur: David Millard 
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

Is die gebeure wat ons deesdae sien nie presies dít wat in die Bybel geprofeteer is nie? Europeërs het eeue lank geglo in die waarheid van die Bybel as die geïnspireerde Woord van God – ons godsdiens se grondslag berus op dié waarheid. Talle mense vertrou egter nie meer op die Christendom se belofte van verlossing nie – dit wil voorkom asof die wêreld besig is om buite beheer te tol en op ’n ramp afstuur.

Die wêreld is in ’n toestand van chaos
Ons sien wêreldwyd geweld, korrupsie, ’n ineenstorting in moraliteit, natuurrampe wat toeneem en ekonomiese chaos. Nasies bewapen hulleself, dodelike siektes versprei op ’n wêreldwye skaal en dan is daar nog die kernkwessie in Iran, verskerpte konflik in die Midde-Ooste, China wat sy weermag uitbrei en selfgeldende Rusland wat oorloë begin – alles terwyl terrorisme die wêreld al hoe gevaarliker en meer onbestendig maak.

Die Bybel was nog altyd reg
Die scenario vandag lyk merkwaardig soos die een wat in die Bybel geskets word, die ooreenkomste is opvallend. Dit is nie verrassend nie, want volgens die Bybel lewe ons in die tydperk wat die koms van Christus voorafgaan. Die Bybel voorspel ’n reeks gebeure wat die tafel sal dek vir die finale toneel van die wêreldgeskiedenis. Die gebeure wat ons vandag sien, stem ooreen met die profetiese uiteensetting wat in die Bybel aangetref word.

’n Gevaarlike tyd om te lewe
Volgens die Bybel sal die tydperk wat Christus se wederkoms voorafgaan, ’n gevaarlike tyd wees om in te lewe. Met “hongersnode … pessiektes en aardbewings op verskillende plekke”, “wanneer see en branders dreun” – met verwysing na orkane, siklone en tsoenami’s. “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…” – hierdie Skrif beskryf verskeie oorloë en konflikte.

Strook met die profesie
Die boek Openbaring sê dat die son se hitte sal verskerp – soos wat tans gebeur. Dit is nie “klimaatsverandering” nie, dit is eerder God se oordele. Talle mense sal dit nie weet nie, want die Bybel sê al neem kennis toe, sal die mensdom min van God weet.

Die oorlog van die laaste dae
Gedurende die laaste dae sal die nasies in nood wees: Dit dui op politieke onbestendigheid, burgerlike onrus en algemene wetteloosheid – soos ons vandag sien. In die Bybelse scenario is die Midde-Ooste die fokuspunt van die gebeure. In ooreenstemming hiermee het die Jode na die land van hulle voorvaders teruggekeer. Jerusalem en Israel staan sentraal tot die gebeure wat die laaste groot konflik in die geskiedenis vooraf sal gaan – wat in die Bybel voorspel word. ’n Komende militêre inval in Israel word verwag, die oorlog van die laaste dae, wat voorveronderstel dat Israel reeds in die land is en dat dié nasie homself die toorn van die nasies op die hals gehaal het. Dit is ook ’n scenario wat nie veel verskil van wat ons vandag waarneem nie.

Olie en terrorisme
Olie en terrorisme is steeds die grootste uitdagings op geopolitieke vlak en al twee is in dieselfde streek gesentraliseer: die Midde-Ooste. ’n Groot uitdaging staar Europa en die Weste nou in die gesig omdat veiligheid en voortgesette welvaart gekoppel is aan die noodsaaklike handhawing van ’n ononderbroke vloei van olie.

Die groot afvalligheid
Die groot afvalligheid is ’n tweede Bybelse gebeurtenis wat voorspel is – tallose mense het weggeval van die Christendom en dit gaan steeds voort. Ek dink nie iemand sal stry dat dit vandag die geval is in Europa nie, asook in talle ander Westerse nasies.

’n Eindtyd-bondgenootskap
As hierdie dinge reeds gebeur het, is die herleefde Romeinse Ryk (soos in die Bybel beskryf), reeds in plek. Die laaste wêreldryk sal ’n konfederasie van nasiestate wees wat uit die ou Romeinse Ryk sal verrys. Dit dui op Europa en uit hierdie herleefde Romeinse Ryk sal die Antichris te voorskyn kom. Hy sal hierdie ryk as basis gebruik om die wêreld te verower. Dit is wat die Bybel sê in die laaste dae sal gebeur. Ons weet dat die Antichris uit ’n krisis in die Midde-Ooste te voorskyn sal kom en weer sien ons hierdie einste konflik vandag ontvou. Die aspirasies van Sionisme en Islamitiese fundamentalisme stuur reeds op ’n “perfekte storm” in die Midde-Ooste af.

Rusland sal as ’n groot moondheid na vore tree
Op ’n geopolitieke vlak is daar ander dinge wat uit die Skrif afgelei kan word. Een daarvan is dat Rusland as ’n groot moondheid na vore sal tree. Ons sien dat Rusland homself reeds op die globale verhoog laat geld. Die Bybel dui aan dat Rusland ’n alliansie met Iran en Turkye, asook ander nasies sal vorm. Esegiël het ’n inval van Israel onder leiding van Rusland in die eindtyd voorspel.

’n Eindtyd-bondgenootskap?
Menige leser sal weet dat Suid-Afrika deel is van BRICS, ’n ekonomiese, multinasionale samewerking wat oorspronklik tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika gevorm is. Het jy egter geweet dat Iran en Turkye, onder andere, vanaf 2023 ook by BRICS wil aansluit?

Ons sien nou die samewerking van hierdie geprofeteerde nasies reg voor ons oë, iets wat ’n paar jaar gelede nie eers denkbaar was nie.

Het jy ook geweet dat president Cyril Ramaphosa vir 2023 die hoof van BRICSis?

Jesus Christus kom binnekort!
Dit lyk voor die hand liggend dat daar ’n verband is tussen wat in die Bybel geskryf is en gebeure wat ons vandag sien. Dit behoort ons te motiveer om ons lewens in pas te kry met wat ons glo. Sy koms kan nader wees as wat ons dink.


’n Eindtyd-bondgenootskap?
Menige leser sal weet dat Suid-Afrika deel is van BRICS, ’n ekonomiese, multinasionale samewerking wat oorspronklik tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika gevorm is. Het jy egter geweet dat Iran en Turkye, onder andere, vanaf 2023 ook by BRICS wil aansluit?

Ons sien nou die samewerking van hierdie geprofeteerde nasies reg voor ons oë, iets wat ’n paar jaar gelede nie eers denkbaar was nie.

Het jy ook geweet dat president Cyril Ramaphosa vir 2023 die hoof van BRICS is?

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 26/04/2023
DAVID MILLARD – spreker oor Europese geskiedenis/godsdiens en ’n ywerige JOY! Magazine-leser.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here