Artikelbron: cne.news 

’n Nuwe verslag wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) uitgereik is, onthul dat een uit elke ses mense wêreldwyd onvrugbaar is, ongeag hulle inkomstevlak of geografiese ligging.

Die verslag beklemtoon die behoefte aan groter toegang tot vrugbaarheidsbehandelings asook die geestelike en psigososiale impak van onvrugbaarheid. Die WGO merk egter op dat navorsing op hierdie gebied ontbreek en dat baie mense weens die hoë koste van vrugbaarheidsbehandelings nie toegang daartoe het nie, wat tot skuld en selfs armoede kan lei.

 

Onvrugbaarheid kan ’n beduidende uitwerking op ’n individu se geestelike en emosionele welstand hê. Daarom doen die WGO ‘n beroep op meer navorsing en beleidsveranderinge om te verseker dat veilige, effektiewe en bekostigbare maniere om ’n ouer te kan word, beskikbaar moet wees vir die wat dit nodig.

Boonop dui onlangse statistiek op ’n afname in die Europese bevolking. Europa Nu berig dat die EU se bevolking teen die einde van hierdie eeu na verwagting met 27,3 miljoen sal afneem. Hierdie afname word toegeskryf aan ’n kombinasie van faktore, insluitend vrugbaarheidsyfers, sterftesyfers en migrasiepatrone. Daar word verwag dat meer mense sal sterf as wat daar babas gebore word, wat lei tot ‘n verouderende bevolking met minder jonger individue.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 09/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here