Artikelbron: cne.news

Kunsmatige Intelligensie (KI) word al hoe meer algemeen in vandag se samelewing, insluitend in die kerk! KI-aangedrewe gereedskap, soos die ChatGPT-kletsbot en die outomatiese onderskrifgenereerder wat deur die Filadelfia-kerk in Stockholm gebruik word, word aangewend om die toeganklikheid van kerkdienste te verbeter, berig cne.news.

Tydens die pandemie het die Filadelfia-kerk sy diens regstreeks begin stroom en om die preke aan meer mense beskikbaar te stel, het die kerk begin om outomatiese onderskrifte in meer as vyftig tale uit te saai, berig die Sweedse Christelike koerant, Dagen. Die instrument wat hierdie onderskrifte genereer werk met KI. Dit luister na die prediker en verander die gesproke woord in onderskrifte. Daar is mense van Amerika en verskeie Afrika-lande wat nou na die kerk se dienste kyk.

Sommige kenners, soos die Duitse Protestantse teoloog, Rainer Bayreuther, stel voor dat KI ook gebruik kan word om pastore te help met die skryf van preke. Hy waarsku egter dat ’n mens versigtig moet wees wanneer jy met KI omgaan, aangesien dit etiese vrae oor vertroue, betroubaarheid en standaardisering laat ontstaan. Dit laat ’n mens ook wonder oor die leiding van die Heilige Gees wanneer preke dan geskryf word …

Bayreuther beskou die pandemie as ’n wekroep vir kerke om digitale tegnologieë te aanvaar en te gebruik, maar hy waarsku ook dat KI nie alle menslike kommunikasie moet vervang nie.

Dr. Gernot Meier voer ook aan dat hoewel kerke met KI moet omgaan, digitalisering besig is om die menslike konsep te hervorm en gestandaardiseerde strukture te skep, soos die Instagram-algoritme wat konstant fiks liggame vertoon. Baie mense is vatbaar vir sulke volmaakte beelde. Meier beklemtoon hoe belangrik dit is om te erken dat die Christelike beeld van die mens divers is en nie gereduseer moet word tot ’n geoptimaliseerde of gestandaardiseerde masjienweergawe nie.

Namate tegnologie voortgaan om te ontwikkel, moet kerke oop en aanpasbaar bly om te verseker dat hulle kan steeds hulle gemeenskappe kan dien in ’n vinnig veranderende wêreld.

Lees die volledige artikel by cne.news

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here