Artikelbron: morningstarnews.org 

Hajara Namwase (32), van Oos-Oeganda, is verlede maand in die hospitaal opgeneem met derdegraadse brandwonde nadat haar man haar aan die brand gesteek het toe hy ontdek dat sy haar tot die Christendom bekeer het, berig Morningstar News.

Terwyl die vrou nog vir haar ernstige brandwonde behandel word, het die oortreder, die 42-jarige Musa Kalele, gevlug.

Namwase, die ma van drie, word steeds in die hospitaal vir derdegraadse brandwonde behandel nadat haar man, Musa Kalele, petrol oor haar uitgegooi het en toe met ’n vuurhoutjie aan die brand gesteek het.

Nadat sy Christus vroeër vanjaar aangeneem het terwyl haar man op ‘n sakereis in Suid-Soedan was, het Namwase gereeld ’n kleingroepbyeenkoms bygewoon saam met die vriendin wat haar aan die Evangelie bekend gestel en met ander Christene verbind het. Toe Namwase op 17 Oktober van die groepbyeenkoms af by die huis aankom, het sy ontdek dat haar man reeds terug was van sy sakereis.

“Ek het bang geword toe ek hom sien, want ek het ’n Nuwe-Testamentiese Bybeltjie by my gehad wat ek nie kon wegsteek nie,” het Namwase vertel.

Toe hy die Bybel en ander Christelike lektuur sien, het hy woedend die kamer verlaat en met ’n petrolhouer teruggekeer. “Hy het ’n paar lakens geneem, dit om my lyf gedraai en my toe uit die huis gegooi. Hy het my gedwing om te gaan lê, die petrol geneem en dit op my uitgegooi en my toe aan die brand gesteek.”

Haar dogter het betyds by die bure gaan hulp soek en hulle kon Namwase red en na die hospitaal neem.

Namwase is bekommerd oor waar sy gaan woon wanneer sy kan teruggekeer huis toe, aangesien al haar familielede Moslems is. Sy wonder ook wat met haar kinders, van 4, 6 en 9 jaar oud, gaan gebeur. Hulle bly tans by hul ouma (hul pa se ma).

Namwase is steeds in die hospitaal in Kampala met derdegraadse brandwonde aan ’n groot deel van haar liggaam.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 10/11/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here