Geskryf deur: Bulelwa Mokori
Artikelbron: Artikel verskaf TWR-AFrika

Sedert TWR se ontstaan het God ons gelei om talle innovasies te gebruik om die Evangelie met onbereikte mense te deel. Die tegnologie agter die skerms lewer ’n reusebydrae tot dít wat mense op hulle mediatoestelle ontvang.

“TWR, in samewerking met WinMedia, beskik nou oor ’n nuwe wêreldwye uitspeelstelsel” sê Stephen Murray, TWR-Afrika se tegniese projek-direkteur. “Ons maak nou gebruik van ’n kubermediapakhuis wat in die ‘wolk’ as sentrale verspreidingspunt sal dien. Programme sal vanaf die wolk na elke uitspeelrekenaar by ons senderstasies gestuur word. Hierdie gesentraliseerde uitspeelstelsel is sleutel tot meer vaartbelynde programverspreiding

AGTERGROND
“Uitspeelstelsel?” Wat is dit en waarom is dit so belangrik? Die uitspeelstelsel behartig uitsaaiskedules sodat die regte programme op die regte tye op die regte senders gespeel word en is dus van kritieke belang.

Tot op hede het TWR van vier verskillende uitspeelstelsels gebruik gemaak wat nou met ’n enkele wêreldwye stelsel vervang word. Hierdie drie-jaar lange projek wat eers op die eiland Bonaire in die Amerikas geïmplementeer is, val Afrika nou te beurt.

WinMedia, ’n gespesialiseerde sagtewarefirma, bied hierdie stelsel aan TWR om die bestaande werkvloeiprosesse te outomatiseer.

Verbeterings
“Hierdie verbeterde stelsel bring aansienlike verbeterings mee in die bestuur en lewering van TWR se programme regoor die wêreld,” aldus Stephen.

“TWR se huidige uitspeelstelsels het TWR oor die jare heen goed bedien, en ons is opreg dankbaar teenoor elkeen wat betrokke was by die oprigting, ondersteuning en gebruik daarvan om te verseker dat programme effektief geredigeer, opgelaai en daagliks aan luisteraars gelewer is. TWR-Afrika se kragtige uitsendings sal nou met behulp van die nuwe WinMedia stelsel geskied.”

Samewerking
Die nuwe gestandaardiseerde uitspeelstelsel is die resultaat van samewerking tussen TWR se tegniese spanne, die Inligtingstegnologie en Stelsel-spanne asook Media Inhoudbestuur en die Uitspeel afdeling.

Die proses
“Bogenoemde afdelings implementeer die hardeware, versamel die inhoud in die stelsel, ontwikkel die uitspeelskedules en demonstreer hoe WinMedia die inhoud na die senders uitspeel,” verduidelik Stephen. “Ander afdelings soos Mediadienste, help deur met inhoudverskaffers te skakel om hulle te waarsku oor die veranderinge en waar toepaslik, hulle by te staan met enige veranderinge wat die verskaffing van hul programmateriaal betref.”

Stephen voeg by dat WinMedia se data-insamelingsvermoë aan ander TWR-stelsels gekoppel word om geoutomatiseerde verslae te lewer oor wat gespeel of versprei is. Hierdie tegnologie is deurslaggewend aangesien dit stilweg op die agtergrond te werk gaan om ons stasies met waardevolle geestelike inhoud toe te rus.

Tegniese werk
Die oorskakeling na die nuwe stelsel bied wel uitdagings, maar ons is daarvan oortuig dat dit die moeite werd is.

Die uitdaging behels onder meer dat TWR Afrika se kortgolf en mediumgolf senders na die WinMedia stelsel oorgeskakel word. Hierna volg ’n proses om die uitspeel vanaf die ou stelsel na die nuwe WinMedia uitspeelmasjiene oor te laai.

’n Ander aspek van hierdie verandering behels die opleiding van personeel en die implementering daarvan in Afrika.

Stephen sluit op gepaste noot af deur te noem dat TWR “… oor ’n uitstekende tegniese span beskik wat onverpoosd aan hierdie projek werk.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 08/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here