Artikelbron: gatewaynews.co.za

Die Koinonia Sinode is onlangs amptelik gestig en is ’n belangrike oomblik in die geskiedenis van die NG Kerk (NGK) is. Die Koinonia Sinode is gestig deur NGK-gemeentes wat die liberale standpunt wat die Algemene Sinode inneem, teëstaan, maar binne die denominasie wil bly. Dr. Henrietta Klaasing, ’n lid van die dagbestuur van die Kairos Netwerk (KN), wat die openingsvergadering gereël het, het die KN beskryf as ’n manier om die pad vorentoe vir hierdie gemeentes te baan.

Die KN se stigtingsvergadering het begin met ’n diep roerende erediens, gelei deur emeritus prof. dr. Johan Janse van Rensburg. Die oorkoepelende leuse van die KN is “eenheid in waarheid,” en tydens die twee dae lange samekoms was daar volgens dr. Klaasing deurgaans ’n tasbare gees van egte gemeenskap en eenheid in Christus.

Meer as 200 individue, bestaande uit wettig-gedelegeerde lede met geloofsbriewe van 50 gemeentes van oral uit Suid-Afrika het aan die vergadering deelgeneem. Verslae is voorgelê en ongeveer 80 besluite is bekragtig wat die beginsels en doelstellings van die nuwe sinode saamvat.

Dr. Anton Knoetze, die voorsitter van die KN, is as voorsitter van die Koinonia Sinode verkies. Dr. Klaasing het beklemtoon hoe belangrik die Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede is waarvolgens godsdiensinstellings die reg het om hulle eie belydenisskrifte, leerstellings en kerkordes op te stel en hul interne sake te reguleer. Die KN se visie vir hierdie sinode strook met hierdie beginsels en spruit uit hul oortuiging dat hulle deur die Here geroep is.

Ná die aanvaarding van ’n geloofsverklaring is ’n finale verklaring goedgekeur wat as ’n pastorale brief aan gemeentes versprei sal word. Dr. Klaasing het vroeër uitgelig dat die Koinonia Sinode ten doel het om homself van bestaande sinodes te onderskei deur te fokus op verwaarloosde terreine soos die handhawing van die waarheid, die verskaffing van suiwer onderrig aan toekomstige geslagte en die opleiding van leiers in Skrifkennis en die gereformeerde belydenisskrifte.

Vir dié wat belangstel om die geloofsverklaring te lees, is dit beskikbaar op die webwerwe van die Familie van Gereformeerde Gemeentes (www.fggsa.co.za) en die Kairos-netwerk (www.kairosnetwerk.net).

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 16/05/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here