Artikelbron: cbn.com 

Pastoor Tim Keller se vrou, Kathy, het op Facebook gevra vir gebed vir haar man nadat daar “komplikasies” tydens sy kankerbehandeling ontstaan het.

In 2020 is pankreaskanker by die bekende Amerikaanse spreker gediagnoseer.

In ’n opdatering oor sy gesondheid skryf Kathy Keller: “Tim is uit die hospitaal ontslaan en herstel by die huis … Hou asseblief aan om te bid tydens hierdie moeilike herstelproses.”

In Maart het dit duidelik geword dat nuwe gewasse by die 72-jarige pastoor ontdek is. Keller moes noodgedwonge weer immunoterapie ondergaan. In hierdie terapie ontvang ’n pasiënt medisyne om die werking van die immuunstelsel te versterk. Dit verseker dat die immuunstelsel die kankerselle herken en vernietig.

Keller het twee jaar gelede met chemoterapie begin. Hy het voorheen beklemtoon dat verlede jaar se immunoterapie uiters suksesvol was en dat 99% van die gewasse vernietig is. Ongelukkig het nuwe gewasse gevorm.”

In ’n vorige opdatering het Keller gesê dat sy gebedslewe in dié tyd van lyding floreer. “My gebedslewe het geblom en was nog nooit so kragtig soos dit nou is nie,” het die pastoor aan die begin van hierdie jaar gesê. Hy het bygevoeg dat hy Psalm 90:14 as ’n werklikheid ervaar het. In hierdie vers staan ​​geskrywe: “Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

Datum gepubliseer: 17/05/2023
Foto: en.wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here