Geskryf deur: Cassy Fiano-Chesser
Artikelbron: www.liveaction.org
Duisende mense in Dublin het onlangs aan die March for Life Ireland deelgeneem. Dit is gehou in reaksie op onlangse aanbevelings waarin gevra word dat beskerming vir ongebore kinders en vroue verwyder moet word.
Wetgewers in die Republiek van Ierland het onlangs erken dat daar ’n massiewe toename is in die aantal aborsies wat uitgevoer word. Tog wil hulle steeds aborsiewetgewing nog verder uitbrei. Benewens die verwydering van die huidige wagtydperk van drie dae, wil sommige wetgewers aborsie tot geboorte wettig.
Aborsie is in 2018 gewettig en tans geniet ongebore kinders wat ouer as 12 weke is beskerming teen aborsie. Maar die wetgewing om die beperking te verwyder, het groot vordering gemaak, al is kiesers oorspronklik meegedeel dat die 12-week-perk sou bly.
“Die aantal aborsies het ‘’n verwoestende 25% gestyg, net in die afgelope jaar,” het Aontú-leier en gesant vir Meath West Peadar Tóibín aan die skare gesê. “In die vier jaar wat die wet in werking is, is byna 28 500 babas geaborteer. Dit is die ekwivalent van 1 228 klaskamers vir kinders. Dit is gelykstaande aan die bevolking van Kilkenny City. Toe die leiers van Fianna Fáil en Fine Gael hulle beywer dat aborsie ingestel moet word, het hulle spesifieke beskermings en voorsorgmaatreëls geïdentifiseer, maar minder as vyf jaar later lyk dit of die regering probeer om die min beskermings- en veiligheidsmaatreëls af te breek.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 16/05/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.