Artikelbron: CNE News

n Christelike laerskool wat deur die Noorse regering vir sy konserwatiewe leerstellings geïnspekteer is, is beveel om te sluit. Volgens die voorsitter het die media ’n belangrike rol hierin gespeel.

Die media-waansin en gebrek aan onderwysers was al erg genoeg vir die skool. Maar die afname in studentegetalle was die laaste spyker in die Inherred Christian School se kis, berig CNE News. Die laerskool sal dus in die herfs sy deure sluit, het die voorsitter van die skool, Per Ola Hovd, gesê.

Die skool is al ’n geruime tyd onder ’n vergrootglas. Dit het begin toe Dagbladet in Oktober ’n onderhoud gepubliseer het waarin die skooldirekteur Bjørn Valde gesê het dat die skool konserwatiewe waardes by sy studente inboesem. “Homoseksualiteit is volgens die Bybel sonde, en ons leer dit vir die studente,” het hy onder meer gesê.

Nadat verskeie media ook hierdie storie berig het, het die Noorse ministerie van onderwys ’n ondersoek na die skool se leerstellings geopen. Hulle het in Maart berig Inherred het dalk “die reëls oortree”. Die ondersoek het daarop gewys dat die skool se onderrig nie “ten volle ooreenstem met die gevestigde leermetodes en doelwit van die skool soos uiteengesit in die Wet op Privaatskole” nie. Volgens die inspeksie was die onderrigmateriaal te eng.

Hoewel Valde erken het dat sommige dinge nie reg was nie, het hy nie saamgestem dat die kurrikulum te beperk was nie. “Die onderwys is nie sleg nie, maar die dokumentasie wel. Dit is as gevolg van veranderinge in personeel, bestuur en ander ongelukkige omstandighede,” het hy gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 16/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here