Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: familypolicyinstitute.com 

ʼn Ooreenkoms tussen die Europese Unie (EU) en Afrika-, Karibiese en Stille Oseaan-lande (African, Caribbean and Pacific – ACP) moet vandeesmaand (November) heronderhandel word. Dit is bekend as die Cotonou- ooreenkoms wat hoofsaaklik fokus op handels- en ekonomiese sake.

Die nuwe EU-ACP-verdrag is uitgebrie om ook sosiale, seksualiteit-, opvoedkundige, omgewings- en menseregtekwessies in te sluit.

Kimberly Ellis, die outeur van Invincible family, sê die verdrag word deur die EU as wedersyds voordelig uitbeeld wat hulle gedeelde doelwitte en waardes bevorder, maar die waarheid is egter dat dit daarop gemik is om stemme by die Verenigde Nasies (VN) te konsolideer deur Afrika-lande in lyn te bring met EU-belange.

Hierdie verskuiwing versterk die EU se mag oor besluite wat 48 Afrika-lande raak omdat dit die rol van die Raad van Ministers (waarvan die EU die medevoorsitter is) versterk. Dit is in wese ʼn vorm van ideologiese en kulturele kolonisasie.

Daar is dus kommer oor veral radikale seksuele beleid. Die verdrag vereis van Afrika-lande om die radikale seksuele beleid, wat bots met tradisionele Afrika-waardes, aan te neem. Taktiek word gebruik wat nasies by ooreenkomste inlok sonder dat hulle die implikasies ten volle te verstaan.

Artikel 40 bevorder veral omvattende seksualiteitsvoorligting en strook met VN-doelwitte wat bots met algemene Afrika-oortuigings. Hierdie dwang strek tot die gebruik van buitelandse hulp om voldoening aan EU-waardes af te dwing, wat ‘n botsing tussen die EU se agenda en Afrika-kulture skep.

Kritici bestempel die verdrag as ‘n vorm van kulturele imperialisme. Hoewel Namibië geweier het om die verdrag te onderteken, is daar kommer oor die potensiële verlies van outonomie vir Afrika-lande as hulle sou instem tot die verdrag wat hulle vir minstens twee dekades lank sal bind.

Lees die volledige berig by joynews.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 20/11/2023
Foto: © European Union (2018) © European Parliament

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here