Artikelbron: morningstarnews 

’n Nigeriese pastoor, David Musa van die Evangelical Church Winning All (ECWA), is op 11 November deur Moslem-terroriste in die sentrale deelstaat Kogi ontvoer. Ondanks die feit dat sy kerk die losprys van 1 miljoen Nigeriese Naira betaal het vir sy vrylating, is hy deur die ontvoerders vermoor. Die aanvanklike losprys was baie hoër, maar die kerk kon nie nog fondse insamel nie. Ná onderhandeling het hulle ooreengekom op die kleiner bedrag, berig Morning Star News.

Twee kerklidmate het die losprysgeld afgelewer en dit het aanvanklik gelyk of dit die pastoor se vrylating verseker het. Hulle is toegelaat om met die pastoor te vertrek, maar toe roep die ontvoerders hulle terug. Die ontvoerders het toe die pastoor koelbloedig doodgeskiet.

Daar word ’n beroep gedoen vir gebede vir die pastoor se familie en die kerk wat hy gedien het. Beide plaaslike ECWA-leiers en die streekpolisie het die tragiese gebeurtenis bevestig en ‘n ondersoek is geloods. Die polisie het die kerk verseker dat diegene wat vir die pastoor se moord verantwoordelik is, aangekeer en vervolg sal word.

Nigerië was in 20222 die land met die hoogste aantal Christen-sterftes volgens die 2023 Wêreldwaarnemingslys. Die land loop ook voor in aangemelde gevalle van ontvoering, verkragting, mishandeling en intimidasie van Christene.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 21/11/2023
Foto: Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here