Artikelbron: CNE News
Noorweërs is verstom oor die vonds van ’n historiese muntstuk wat Jesus uitbeeld omdat die duisend jaar oue geldstukkie meer as 3 000 km ver gereis het om in Noorweë te beland.
Die muntstuk, wat steeds in uitstekende toestand is, is vroeër vanjaar deur iemand met ’n metaalverklikker naby die Noorse See gevind, berig Evangeliques.info.
Volgens ’n berig van CNE News kom die munt “uit die Bisantynse Ryk, waarskynlik in die hoofstad Konstantinopel, wat nou Istanbul is. Aan die een kant hou Christus ’n Bybel vas, en aan die ander kant is daar twee Romeinse keisers. Dit het ook twee inskripsies: ‘Jesus Christus, Koning van die wat regeer’ en ‘Basilius en Konstantyn, keisers van die Romeine’”.
Die owerhede skat dat die geldstuk iewers tussen 977 en 1025 n.C. gemunt is.
Noorse argeoloë sê die muntstuk is “uniek in die Noorse konteks.” Die munt sal na verwagting van die Noorse Viking-koning Harald Hårdråde wees, wat van die jaar 1045 tot die jaar 1066 regeer het.
Volgens die argeoloë kon ’n priester moontlik die unieke goue muntstuk in Valdres verloor het tydens sy reis langs die sogenaamde Biskoppeweg.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 246/01/2024
Foto: Martine Kaspersen, Innlandet County Municipality.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.