Artikelbron: usccb.cld.bzt
Vandalisme van Amerikaanse kerke neem toe. In ’n Verslag van die Rooms-Katolieke Kerk in Amerika wat verlede week uitgereik is, verklaar die biskoppe dat hulle bekommerd is oor die toenemende vandalisme teenoor kerke. Hulle verklaar selfs dat dit volgens hulle die grootste bedreiging vir godsdiensvryheid in Amerika is.
Volgens die verslag is die oorlog tussen Israel en Hamas een van die belangrikste oorsake van die toenemende vandalisme. Dit geld nie net vir kerkgeboue nie, maar ook moskees en sinagoges. Soos in baie ander lande, veroorsaak die oorlog, wat op 7 Oktober uitgebreek het nadat Hamas ‘n grusame slagting in Israel uitgevoer het, groot verdeeldheid in Amerika.
Volgens die komitee is daar selfs ’n wesenlike gevaar dat ’n aanval op ’n plek van aanbidding sal plaasvind.
Daar word ook in die verslag verwys na die komende verkiesing in Amerika. Die uiters gespanne atmosfeer in die land rondom die 2024-verkiesing kan lei tot aanvalle deur linkse ekstremiste op kerke.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.