Geskryf deur: dr. Anton Knoetze Artikelbron: Artikel verskaf
Ons wil u graag bewus maak van ’n oproep van Koinonia Sinode vir ’n landswye dag van
verootmoediging en gebed. Omdat ons oortuig is dat gebed en verootmoediging so uiters
belangrike onderdeel van ’n egte geloofsverhouding met God is wil ons gemeentes en lidmate
oproep om veral in hierdie kairos-uur spesiaal hieraan aandag te gee.
Ons standpunt:
1. Ons erken en bely die dringende noodsaaklikheid vir elke gelowige om afsonderlik en
saam met ander gelowiges getrou te bly in gereelde en opregte gebede tot God.
2. Die Woord sê: “Julle het nie omdat julle nie bid nie”. Daarom glo ons ook dat God ons
land en volk en kerk juis deur die getroue gebed van Sy kinders wil seën en bewaar.
3. Elke plaaslike gemeente is ware en volledige kerk van Christus. Ons is nie ’n volkskerk nie,
maar die liggaam van Christus. Die oproep tot beskerming en herstel het dus niks met ’n
vorige politieke bestel te make nie maar eerder dat God se koninkryk steeds sal kom.
4. Ons erken dat ons hier op aarde net bywoners en vreemdelinge is en dat hierdie sondige
wêreld waarin ons woon bestem is vir die vuur daarom wil ons ook ons gebede fokus op
die bekering van sondaars en die koms van God se Koninkryk.
5. Ons het ook kennis geneem van ander inisiatiewe oor gebed soos die oproep van die
Dagbestuur van die Algemene Sinode op 13 Augustus, asook die internasionale oproepe
wat uit Amerika gedryf word en wat die 2 sonsverduisterings wat binne die volgende ses
maande gaan plaasvind as merkers gebruik om Christene tot gebed aan te spoor op 28 en
29 Oktober. Hulle moedig Christen en gemeentes om mekaar aan Joël 2: 10-14 en 30-32
te herinner.
6. Elke gemeente kan self besluit op watter wyse en by watter geleenthede hulle as
gemeente by hierdie gebedsaksies betrokke wil wees.
7. Sonder om enige gebedsbyeenkomste teen mekaar af te speel wil die KSDG vir ons
gemeentes spesifiek die volgende riglyne as wenke deurgee vir ons sinvolle gesamentlike
voorbidding:
a. Laai die Koinonia gebedsgids af deur hierdie skakel te volg:
koinoniasinode.org.za/gebed/
b. Reël ’n gebedsgeleentheid vir die week van 8 tot 14 Oktober 2023. Die tema is
dat die kerk van Christus in Suid Afrika sal terugkeer na God. Moedig jou
gemeente en gebedsgroepe aan en nooi ander Christene om in eenheid met jou
te bid.
c. Vra jou gebedsgroep en/of jou predikant om ander Christene uit te nooi vir
verenigde gebed. Oorweeg dit ook om ’n gemeenskapsuitreik te beplan om vir
mense om te gee en die Evangelie te deel.
d. As jy ’n byeenkoms hou in die week van 8-14 Oktober 2023, of 1-8 April 2024 hou,
stuur asseblief die inligting na ons e-pos by info@koinoniasinode.org.za as jy wil
hê ons moet julle byeenkoms bekend maak.
e. Stuur asseblief ook enige vrae of kommentaar na ons e-pos by
info@koinoniasinode.org.za vir KSDG se insae en reaksie.
f. Bid asseblief vir die gebedsinisiatief, maar bid bowenal vir die leierskap van die
Kerk in Suid Afrika om wakker te word voor dit te laat is.
g. Bid vir bekering, herlewing en terugkeer na die gesag van die Skrif.
h. Romeine 13:11-14: “En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die
uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons
finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. Die nag is byna
verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat
ons die wapens van die lig opneem. Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig
hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid,
geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here
Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te
bevredig nie.”
i. Een van die gebedsinisiatiewe wat in die onlangse tyd plaasgevind het , het die
preek van JC Ryle gebruik “Waar is jou sondes?” Versprei gerus hierdie boodskap
met die gebed om bekering onder gelowiges te bewerk en hulle aan te moedig
om God se genadetyd te gebruik en opnuut na Hom te draai, want: Vreeslik is dit
om te val in die hande van die lewende God (Hebr. 10:31). ’n Opsomming van JC
Ryle se boodskap is by die volgende skakel beskikbaar:
koinoniasinode.org.za/gebed/
U kan die gebedsinligting en riglyne vind by https://koinoniasinode.org.za/gebed/
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 07/09/2023
Foto slegs ter illustrasie: rawpixel.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.