Artikelbron: www.maf.nl
In ’n afgeleë dorpie in Papoea-Nieu-Guinee het Nepao se houthuis op pale meegegee en op hom
ineengestort. Sy bure het hulle na die toneel gehaas en met onwrikbare vasberadenheid onverpoosd
begin om die puin te verwyder om hulle vriend te probeer red.
Uiteindelik kon hulle hom bevry, maar hy was nouliks by sy bewussyn. Hulle het die erns van die
situasie besef en dringend ’n noodoproep na Mission Aviation Fellowship (MAF) gemaak vir ’n
ambulansvlug.
Mathias Glass, ’n MAF-vlieënier, wat in daardie stadium besig was om vrag in Balimo af te laai, het
vinnig sy vlugplan verander om Nepao in Pyarulama te bereik. Ondanks twyfel oor Nepao se kanse
op oorlewing het Mathias geland en hom binne 12 minute na ’n hospitaal in Kompiam vervoer – ʼn
roete wat te voet twee dae lank deur ruie terrein sou geduur het.
Daar aangeland was die aanvanklike diagnose dat Nepao sy femur gebreek het en borsbeserings
opgedoen het. Met Nepao wat sukkel om asem te haal weens sy borskasbesering, het die dokter en
haar span gespook om hom by te staan met hulle beperkte hulpbronne; hulle het gebid vir ’n
wonderwerk.
Die dae het verbygegaan en hulle het probeer om Nepao van die ventilator te verwyder, maar sy
longe het gesukkel om behoorlik te funksioneer. Met die derde poging het daar ’n deurbraak gekom
en kon Nepao begin om op sy eie asem te haal.
Hy het vinnig herstel en is ná twee maande uit die hospitaal ontslaan en deur MAF teruggevlieg na sy
dorpie.

Nepao terug by die huis
Die gemeenskap was verheug. Die feit dat Nepao ’n maand later laggend en wuiwend op
ongelukstoneel kon staan, is ’n wonderwerk! God was genadig en baie hande het gehelp om Nepao
se lewe te red. Danksy MAF kon Nepao vinnig na die hospitaal geneem word.
Besoek gerus die webtuiste mafsa.co.za om meer te lees oor MAF se werksaamhede
en die organisasie te ondersteun.
Hierdie artikel is ’n verkorte weergawe van die getuienis op die MAF-webtuiste
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 20/06/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








