Geskryf deur: FEBA Radio
Artikelbron: Artikel verskaf 

“Danksy die radio voel ek dat ek nou deel van ’n kerk is.”

Vir mense soos hierdie FEBA Malawi-luisteraar is die radio en oudio-Bybels die enigste manier om die evangelie te ontvang. Baie luisteraars kan nie lees nie, dus maak hulle staat op oudio vir al hul inligting. Ander woon in afgeleë gebiede waar hulle geen toegang tot kerke of selfs ander Christene het nie. Sommige leef onder bedreiging van vervolging en die radio skep vir hulle die geleentheid om in die geheim te aanbid.

FEBA werk om die onbereiktes in Mosambiek, Malawi, Tsjad en Mali te bereik. FEBA Niger is besig om sy eerste stasie te vestig en grondwerk word gedoen om een in Soedan te vestig. Die bediening groei so vinnig dat hulle nie kan voorbly met die aanvraag na radio’s en oudio-Bybels nie.

FEBA Radio SA se Kersradioprojek het ten doel om fondse vir hierdie items in te samel.

FEBA se oudio-Bybeltoestel is klein genoeg om in een hand vas te hou en dit gebruik sonkrag, sodat die luisteraar nie geld op batterye hoef te spandeer nie. Die radio werk ook met sonkrag, asook ’n herlaaibare battery wat met die hand opgewen kan word.

“Dit werk so goed,” sê dr. Jurie Vermeulen, die nasionale direkteur van FEBA Radio SA. “in die een dorpie wat ons besoek het, het ek een op die dak van ’n varkhok sien lê besig om in die son gelaai te word. ”

Een radio het die potensiaal om tot 50 mense te bereik. Mnr. Traoré, ’n FEBA Mali-luisteraar en voormalige Moslem, is wonderbaarlik genees nadat hy hulp by Christene vir hulp gaan aanklop het. Hy skryf: “Ek het onlangs saam met my hele familie by die Here uitgekom, alles te danke aan KanuYah FM Sollo (FEBA Mali se radiostasie). ”

Gee hierdie Kersfees ’n geskenk wat vir ewig hou. Ondersteun FEBA se Kersradioprojek en bring die Goeie Nuus na meer luisteraars soos mnr. Traoré. Vir meer inligting, besoek gerus www.febaradio.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 04/12/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here