Artikelbron: cvandaag.nl
In Bournemouth is ’n man deur die owerhede aangekla omdat hy in stilte in ’n sogenaamde buffersone by ’n aborsiekliniek gebid het. Die aanklag kom as ’n verrassing omdat die owerhede hulle aanvanklik daarvan weerhou het om hom te vervolg.
“Niemand behoort vervolg te word as hulle in stilte bid nie,” het Adam Smith-Connor gesê.
Smith-Connor is ’n Britse weermagveteraan en direkteur van ’n fisiopraktyk. In Desember 2022 het die Britse polisie hom beboet omdat hy in stilte in ’n buffersone van ’n aborsiekliniek gebid het. In die buffersone geld streng beperkings en word prolife-aktiviste nie toegelaat omte demonstreer of met mense wat kliniek toe kom, te praat nie. Die beperkings in ’n radius van 150 m om die aborsiekliniek. Smith-Connor het egter in stilte daar gestaan. Beamptes het hom genader en gevra wat hy doen. “Ek bid vir my seun wat oorlede is,” het Smith-Connor geantwoord.
Hy het na die aborsie van sy seuntjie verwys: “Ek het 22 jaar gelede my eks-meisie na ’n kliniek geneem en vir haar aborsie betaal,” het hy vertel. “Dit was ’n deurslaggewende oomblik in my lewe. Dit was eers jare later dat ek die hartseer gevolge van hierdie besluit besef het. Ek het my seun Jakob verloor deur ’n aborsie waarvoor wat ek self betaal het.”
Aanvanklik het dit gelyk of Smith-Connor nie vervolg sou word nie. Nou word hy egter aangekla en dit was vir Smith-Connor ’n verrassing. “Dit is onbegryplik dat ek in ’n oënskynlik vrye samelewing krimineel vervolg moet word vir iets wat ek in stilte doen, in die privaatheid van my eie gedagtes.”
Dit is nie die eerste keer dat iemand in Engeland aangekla word omdat hulle in stilte by ‘n aborsiekliniek gebid het nie. Dit het egter nooit tot ’n skuldigbevinding gelei nie. Nog twee mense is in Februarie vanjaar vrygespreek.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 10/08/2023
Foto: Alliance Defending Freedom UK
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.