Deur: Geopende Deure
Artikelbron: christianpost.com
Die regime in Eritrea het 13 Christene onverwags vrygelaat. Hulle het meer as tien jaar in die Eritrese tronk deurgebring.
Die Christelike organisasie The Voice of the Martyrs (VOM), wat die boodskap aan die wêreld aangekondig het, is verheug oor die onverwagte vrylating. “Ons gebede is verhoor,” het Todd Nettleton, die voorsitter van VOM, in ’n persverklaring gesê.
Hy het op 22 Julie ’n gebedsversoek per e-pos gestuur om te bid vir twee pastore wat reeds 7 000 dae in die tronk deurgebring het. Meer as 10 000 mense het hulle gebede uitgespreek vir Eritrese pastore, Haile Nayzgi en Kiflu Gebremeskel, sowel as ander gevangene Christene in Eritrea. Geopende Deure het ook gereeld die aandag op albei voorgangers gevestig.
Daarbenewens het VOM ’n petisie aan die Eritrese regering gerig vir die vrylating van die gevangene Christene. Of dit te wyte was aan die oorvloed e-posse wat bekommerde Christene aan die Eritrese regering gestuur is, weet Nettleton nie. “Maar skaars ses dae nadat ons daardie gebeds-e-pos uitgestuur het, het ons berig van Christelike kontakte in Eritrea ontvang dat 13 Christen-gevangenes vrygelaat is! Hierdie ses mans en sewe vroue was al tien jaar lank in die tronk!”
NetteIton het gesê hy is hartseer dat pastore Nayzgi en Gebremeskel nie onder die vrygelate mense is nie. “Ons gaan voort om te bid dat hulle binnekort uit hul tronkselle vrygelaat sal word, miskien net soos Petrus in Handelinge 12 vrygelaat is,” het hy gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 10/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.