Artikelbron:  Evangelical Focus 

In die hartjie van Berlyn is daar ’n ligvertoning in die Passionskirche wat die skeppingsverhaal op ’n besondere manier uitbeeld, berig  Evangelical Focus. Dit is nie ’n lokettreffer, wat daarop gemik is om geld te maak nie, maar eerder ’n meditatiewe, geestelike ervaring.

Dit is die sentrum van Berlyn, waar jy by die kerk kan instap en op ’n besonderse manier verras kan word. Dit begin by die eerste skeppingsdae, waar orde sentraal staan: lig en duisternis is geskei sodat dag en nag tot stand gekom het. Die ligstrale gly oor die koepel binne die kerk, oor die mure en amper tot op die vloer, waar die besoekers sit of lê.

Die tweede deel beeld uit hoe die lug en water geskei is en hoe die lug en see ontstaan ​​het. Die derde deel is miskien die skouspelagtigste: dit neem die besoeker mee in die skepping van die land en al die groenigheid; so word die kerk ’n groot oerwoud en vergeet jy skoon dat jy in ’n plek van gebed is.

Die uitstalling sal ook in Leipzig, Lyon en Londen vertoon word, hoewel dit oral ’n bietjie anders lyk, want kerke lyk van binne altyd effens anders.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/08/2023
Foto: The Genesis Experience

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here