Artikelbron: JUIG! Nuus
Toe Karien Basson, die skrywer van Luister. God se stem in my lewe/ LISTEN. God’s voice in my life, en haar medewerker, Tanya Powell, die boek met sportsterre se getuienisse geskryf het sou hulle nooit kon droom dat dit hoogtes sou bereik wat dit wel besig om te behaal het nie.
Die oogmerk met die boek met 40 sportlui se getuienisse was om sportliefhebbers aan te spoor, maar met net onder 7 000 eksemplare van die boek wat verkoop is, is dit duidelik dat die positiewe inhoud die regte snaar aanroer in ’n wye gehoor se harte.
Die God in Sport-span werk natuurlik self ook hard om die boek op innoverende maniere te bemark. Hulle mees onlangse projek neem die boeke op ’n wêreldwye toer en foto’s van die boek duik op sosiale media op met wêreldbekende plekke of toeriste-aantreklikhede in die agtergrond. En die boeke toer! Van ’n besoek aan die Van Gogh-galery in Amsterdam met Van Gogh se “Sonneblom”-skildery” in die agtergrond, tot Big Ben in Londen, ’n ballonsafari in Afrika, ’n tropiese eiland, Disney World, die Abraham Lincoln-standbeeld in Washington DC of die standbeeld van Jesus die Verlosser in Rio de Janeiro. Die span het die reis onderneem om die Jesus-boodskap van die boek oor verder as Suid-Afrika se grense te neem.
In die boek LUISTER. God se Stem in my lewe, ontdek jy die karaktertrekke van ’n lewende God deur die oë en lewenservarings van Suid-Afrikaanse sportlui soos onder andere Neil Powell, Duane Vermeulen, Sandile ‘Stix’ Ngcombo, Vernon Philander en Mignon du Preez.
Die boek is beskikbaar op www.joygifts.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 24/03/2024
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.