Geskryf deur: Radio Tygerberg 104FM
Artikelbron: Artikel verskaf
Die Tyger Run/Walk het opnuut diep spore getrap in die harte van hardlopers en stap-entoesiaste reg oor die Wes-Kaap. Met meer as 5 000 deelnemers wat ingeskryf het vir die grootste padwedloop in die Noordelike voorstede van Kaapstad, was dié geleentheid beslis ‘n hoogtepunt op die sosiale en sportkalender.
Reeds vroeg op 21 Maart 2024 het drawwers, stappers en atlete van regoor die Wes-Kaap in hul duisende by Tyger Vallei winkelsentrum opgedaag. Volgens Kevin Lodge van Top Events het die aantal deelnemers hierdie jaar aan die Tyger Run/Walk aansienlik gegroei en hulle glo dat die gesinsvriendelike omgewing van dié wedloop tot die reusagtige sukses bygedra het.
Selfs Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het ook kom deelneem aan vanjaar se padwedloop en het sy opwinding gedeel oor die feit dat die begunstigde vanjaar die Down-sindroom Vereniging van die Wes-Kaap was. Die datum van die Tyger Run/Walk het hierdie jaar saamgeval met die Internasionale Down-sindroom dag. Ons is baie dankbaar vir die ongelooflike werk wat hulle doen en baie opgewonde om saam met Radio Tygerberg 104FM, Top Events, Tyger Vallei-winkelsentrum sowel as skenkings van die deelnemers, R40 000 aan dié vereniging te kon skenk.
Die Tyger Run/Walk is nie net ’n geleentheid vir gesonde aktiwiteit nie, maar ’n bewys van gemeenskapsgees en medemenslikheid. Met die sukses van vanjaar se geleentheid, sien ons reeds uit na die volgende Tyger Run/Walk wat beslis nóg groter en beter gaan wees. Vooruitgang, passie, en deel van die gemeenskap – dit is die waardes wat die Tyger Run/Walk hoog dra.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 26/03/2024
Foto’ verskaf (Radio Tygerberg 104FM)
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.