Artikelbron: isaiah62fast.com 

Verskeie Christelike en Messiaanse Joodse organisasies wêreldwyd neem aan vanjaar se Jesaja 62 Global 21 Days of Prayer and Fasting deel. Dit behels ’n tydperk van 21dae van gebed en vas gegrond op Jesaja 62.

Die wêreldwye vas, wat op 7 Mei begin het en tot 28 Mei (Pinkster-maandag) duur, het by die International House of Prayer (IHOPKC) in Kansas City begin. Hierdie bekende gebedshuis word deur Mike Bickle bestuur en sedertdien het verskeie ander Christelike en Messiaanse Joodse organisasies daarby aangesluit.

Jesaja 62 sê dat God “wagte” op die mure van Jerusalem plaas om vir die stad in te tree totdat Hy sy beloftes nagekom het. Die beweging wil vandeesweek daaraan vorm gee deur meer as 1 miljoen mense bymekaar te bring om vir Israel te bid in aanloop tot die Bybelse fees van Sjavuot (Fees van Weke).

Volgens ’n video wat IHOPKC hieroor uitgereik het, is die vas bedoel om “die verband tussen God se seën op Jerusalem en die vervulling van die Groot Opdrag te beklemtoon.” Trouens, Bickle het gesê die vas was oorspronklik net vir die personeel van sy bediening bedoel. Die IHOPKC-leier het egter gesê dat hy deur sy entoesiastiese personeellede uitgedaag is om dit ’n internasionale beweging te maak.

Bickle het toe besluit om ’n aparte webtuiste te skep wat net op gebed en vas fokus. Sodoende kan die webwerf as inligtingsentrum dien vir groepe en bedieninge wêreldwyd wat aan hierdie 21 dae van gebed en vas wil deelneem.

Bickle sê hy hoop om “100 miljoen voorbidders vir Israel te verenig.” ’n Groot motivering vir baie Christene om te vas, is die hoop en verwagting dat daar ’n groot bekering van die Joodse volk tot die Messias, Jesus, sal wees voor Sy wederkoms.

Dr. Seth Postel, akademiese dekaan van One for Israel Bible College, het onlangs ’n video uitgereik oor die profetiese betekenis van Jesaja 62. Hy verduidelik ook in die video hoe gelowiges die gedeelte kan gebruik om vir Israel te bid. Kyk na die video hieronder:

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 24/05/2023
Foto: youtube.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here