Geskryf deur: Errol Naidoo 
Artikelbron: www.familypolicyinstitute.com 

Dit word al hoe duideliker dat die departement van basiese onderwys (DBO) alle pogings laat vaar het om ʼn oplossing vir die toenemende tienerswangerskapkrisis in Suid-Afrika te vind, soos blyk uit die groeiende buitelandse beheer van onderwys in Suid-Afrika.

Die jongste buitelandse agentskap wat tot die “Comprehensive Sexuality Education” (CSE)-fiasko toegetree het, is die Amaze-project – ’n aanlyn geanimeerde videoreeks wat 10 -14-jariges teiken. Weereens het die reeks sy oorsprong in Amerika en is aangepas vir Suid-Afrikaanse gehore. Die opvallendste is die feit dat dit deur die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) gefinansier en bevorder word.

“Amaze” se besturende vennoot is Advocates for Youth – ’n Amerikaanse gebaseerde pro-aborsie en LGBTQ-regte organisasie. Ander globale vennote sluit in UNFPA en die “International Planned Parenthood Federation” (IPPF) – die groepe agter die radikale aborsie- en seksuele regte-ideologie in CSE.

In ’n artikel getiteld, “Comprehensive sexuality education – essential component of reproductive health care for youth,” skryf die ooglopend bevooroordeelde joernalis, ““In South Africa 65% of pregnancies between 2015 and 2019 were unintended, with 36% of them resulting in abortion, according to UNFPA. In 2019, that meant 14 million pregnancies with just over five million terminations. It is a silent crisis that faces South African communities.”

Die artikel lui voorts: “Tshego Bessenaar of Ibis Reproductive Health said:Despite the challenges posed by cultural and religious attitudes and a measure of political resistance, there is growing evidence of the importance of CSE in promoting total well-being, health-seeking behaviour, and informed decision making about overall sexual and reproductive health.’” 

Dit is ’n leuen.

Tragies genoeg toon bewyse dat presies die teenoorgestelde van Bessenaar se bewerings waar is. CSE is sedert 2015 in verskeie provinsies in Suid-Afrika se openbare skole geloods. Gedurende hierdie tyd het tienerswangerskappe die hoogte ingeskiet. Die werklike bewyse toon dat CSE nie welstand, gesonde seksuele gedrag of ingeligte besluitneming bevorder nie. Dit seksualiseer kinders deur hoë risiko seksuele eksperimentering te bevorder wat voortydige seksuele aktiwiteit en buite-beheer tienerswangerskapsyfers aanwakker.

CSE is gewortel in die gevaarlike ideologie van “seksuele regte” – nie seksuele gesondheid soos Bessenaar beweer nie. Dit leer kinders van so jonk as vyf dat hulle ‘n “reg” op seksuele plesier het. UNESCO, die VN-agentskap wat CSE in Suid-Afrika bestuur, het en ’n video onderskryf wat seksuele plesier vir vyfjariges bevorder.

Die “Amaze” geanimeerde videoreeks is in dieselfde trant. Dit verkoop ’n gevaarlike en vernietigende leuen aan onskuldige kinders. CSE is niks minder nie as radikale aborsie en LGBTQ-propaganda onder die dekmantel van seksualiteitsvoorligting. Hierdie video’s bevorder ’n perverse en skadelike ideologie vir minderjariges.

Die ergste aspek van die CSE-agenda is dat dit ‘n wig tussen kinders en hul ouers indryf. Hoekom sal die regering die handdoek ingooi met die stryd teen tienerswangerskappe wat die hoogte inskiet en die leisels aan buitelandse aktiviste oorhandig – terwyl ouers, die burgerlike samelewing en die kerk uitgesluit word?

Verskeie regeringsamptenare verklaar gereeld: “Ons moet Afrika-oplossings vir Afrika-probleme vind.” Maar wanneer dit by seksualiteitsvoorligting kom, gee die ANC-regime buitelandse agentskappe totale beheer.

Wat die werklike stand van onderwys wel wys, is dat onderwysstandaarde aansienlik verswak het onder ANC-korrupsie en wanadministrasie. Die resultate van die 2021 Progress in International Reading Literacy Study toon dat 81% van graad 4-leerders in Suid-Afrika se leesstandaard nie in enige taal van so ʼn aard is dat hulle met ware insig kan lees en verstaan wat hulle lees nie. Suid-Afrikaanse leerders het van die laagste resultate ter wêreld getoon.

Terwyl die ANC-regime miljarde vermors op die bevordering van aborsie- en LGBTQ-propaganda aan kinders, word drie duisend skole steeds gedwing om puttoilette gebruik – byna drie dekades later in ons demokrasie.

Die ineenstorting van onderwysstandaarde in Suid-Afrika stem ooreen met die ANC-regime se obsessie met die bevordering van aborsie- en seksuele regte aan skoolkinders. Gehalte-onderwys word dus opgeoffer. Die resultate spreek vanself. Suid-Afrika het lae vlakke van akademiese resultate in die openbare skoolstelsel – maar hoë koerse van verkragting, seksuele uitbuiting en tienerswangerskappe.

Die Amaze-projek is net nog ’n wapen in die steeds groeiende arsenaal van die buitelandse seksueleregte-radikales. Die eintlike doel daarvan is om 10- tot 14-jarige kinders binne en buite die skool te teiken en te indoktrineer deur onskuldige animasievideo’s te gebruik – met ‘n gevaarlike aborsie- en seksueleregte-boodskap.

Family Policy Institute (FPI) het die Protect Children SAinisiatief in 2022 van stapel gestuur om ouers, grootouers, opvoeders en die kerk te bewapen met akkurate inligting oor hierdie verraderlike agenda. Ons gebruik sosialemedia-geteikende veldtogte om ons boodskap aan soveel burgers as moontlik uit te dra.

Ondersteun FPI sodat ‘n sosialemedia-veldtog geloods kan word familypolicyinstitute.com/donate/

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 24/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas van www.pexels.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here