Artikelbron: The Christian Post 

’n Megakerk in Nebraska het planne aangekondig om sy liefdadigheidswerk uit te brei om ander meer kosvoorrade en ‘n motorwerkswinkel vir laer-inkomste mense beskikbaar te stel, berig The Christian Post

Die dienste van die motorwerkswinkel sal teen ’n verlaagde prys of selfs gratis gelewer word, afhangende van die spesifieke diens wat die voertuig benodig.

Die Brookside Church of Omaha, met sowat 3 000 lidmate, samel tans geld in vir sy nuwe liefdadigheidsplanne en vir die oprigting van die fasiliteite op Millard-kampus. Hoofpastoor Jeff Dart sê die gemeente brei sy hulpverlening uit omdat “probleme soos hierdie neig om te oorvleuel”.

“Verlies aan vervoer kan lei tot werkverlies of die onvermoë om skool by te woon, wat lei tot die bykomende behoefte aan basiese lewensbenodigdhede soos kos en klere,” het Dart gesê.

“Terwyl ons daarna streef om Christus se voorbeeld te volg, is die voorsiening in hierdie behoeftesvan ons gemeenskap deel van hoe ons ons geloof uitleef. Ons weet dat wanneer daar na mense se fisiese behoeftes omgesien word, dit dikwels daartoe lei dat daar ook na hulle geestelike behoeftes omgesien kan word.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/05/2023
Foto: Skermskoot YouTube/Brookside Omaha

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here