Geskryf deur: Gerda Potgieter 
Artikelbron: gatewaynews.co.za 

Christene in die omgewing van Durban word genooi om Hemelvaartdag, Donderdag 18 Mei, te vier deur by ’n optog in die middestad aan te sluit.

Die Phakamisa uJesu optog sal van 11:00 tot 13:00 plaasvind. Dit sal by King Dinizulu Park begin en langs Dr Pixley Kaseme-straat (Wes) tot by die Stadsaal gaan, sê die organiseerders, KwaSizabantu Mission. (Phakamisa uJesu, beteken “verhef Jesus”)

Die optog is geïnspireer deur ’n boodskap van ds. Erlo Stegen, die stigter van KwaSizabantu, by die sending se onlangse 40ste Leraarskonferensie wat deur Christen-leiers uit Afrika en die res van die wêreld bygewoon is. Stegen het deelnemers uitgedaag om gehoor te gee aan Jesus se opdrag aan alle gelowiges – om dissipels te gaan maak.

Hemelvaartdag is nie meer ’n openbare vakansiedag in Suid-Afrika nie, maar die organiseerders van die optog sê: “Ons moedig almal aan om hulle stemme te laat hoor terwyl ons die naam van Jesus Christus verhef. Suid-Afrika sal dan weet dat Christene bestaan, hulle vryheid uitoefen om hulle geloof te beoefen en saam te werk, verenig in Christus … Eenheid in Christus is ons krag.”

Vir meer inligting oor die geleentheid, e-pos: mail@christianvoice.org.za, stuur ’n boodskap via WhatsApp na +27 725 833 496 of besoek die webwerf: www.ksb.org.za

En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.” – Johannes 3:13

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/05/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here