Artikelbron: christianpost.com
’n Megakerk in Kalifornië, gaan weer sy jaarlikse Kersgeleentheid vir behoeftige gesinne aanbied en bykans 2 000 gaste word verwag. Destiny Christian Church, ’n affiliasie van die Assemblies of God, poog om plaaslike gesinne in nood te ondersteun gedurende Kersfees, berig The Christian Post.
Tydens die geleentheid, wat by die Destiny Gemeenskapsentrum gehou word, sal speelgoed, boeke, klere en nog meer voorsien word aan kinders van behoeftige gesinne.
Volgens die artikel hou die kerk sedert 2013 die Love Our City-Kersgeleentheid as deel van sy verbintenis om die gemeenskap te seën. Die uitgebreide geleentheid het vanjaar ook ’n “Storyland”-area waar kinders ’n boek kan kies om huis toe te neem.
Meer as 2 000 gesinne is vir die geleentheid geregistreer, met ongeveer 200 vrywilligers wat sal help dat alles glad verloop. Destiny Church wil graag die boodskappe van genade, barmhartigheid, liefde en verlossing op ’n praktiese manier aan die gemeenskap oordra.
Die kerk se Love Our City-Kersgeleentheid weerspieël sy voortdurende verbintenis om ’n positiewe uitwerking in die streek te hê en ’n gevoel van gemeenskap gedurende die vakansieseisoen te bevorder.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 20/12/2023
Foto: Morgan Barr & Caleb Santos | destinyonline.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








