Artikelbron: gatewaynews.co.za
Mighty Men-Wes-Kaap het onlangs aangekondig dat volgende jaar se byeenkoms van 6 tot 8 September by ’n nuwe venue naby Robertson gehou sal word. Dit sal die eerste Mighty Men-Wes-Kaap wees sedert 2019.
“Ons is baie opgewonde. Die Here het vir ons ’n pragtige venue voorsien. Dit is op ’n plaas, omring deur berge, net langs die R62,” het Juan van Tonder gesê wat aan die hoof van die bestuurspan staan.
Meer inligting oor die geleentheid sal op die mightymenwesterncape se Facebook-blad geplaas word. Juan kan ook gekontak word vir meer besonderhede by +27 71 612 2556.
“Die MMC WC is terug en manne word gevra om die goeie nuus te deel,” het Juan gesê.
Juan is ’n evangelis van Robertson en sê sy hartsbegeerte is dat die Mighty Men-konferensie een sal wees wat “die groot herlewing waarop ons almal wag” sal laat vlamvat.
Hy het gesê die bestuurskomitee werk reeds aan die program vir September en verwag om later opwindende nuus te hê oor plaaslike en internasionale sprekers wat by die geleentheid sal bedien.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/12/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








