Artikelbron: christianheadlines.com

’n Kerk in Noord-Carolina, Arden, het verlede Sondag 279 mense in die buitelug gedoop (drie ander
individue is tydens die diens binne die kerk gedoop). Volgens CBN News wil dit voorkom asof
“herlewingsvlamme helder brand” in Noord-Carolina.

Dit help natuurlik dat die megakerk, Biltmore Church, se opelugdoopdiens ses weke vooruit
aangekondig is. “Ons hou elke jaar opelugdienste en ons het dit die afgelope ses weke in ons
gemeente afgekondig. Hoewel ons verstom is oor die groot aantal dopelinge, weet ons dat God die
krag het om wonderlike dinge te doen,” het die kerk gesê.

CBN News het ook onlangs berig oor ’n opelugdoopsessie op ’n studentekampus van die Aubarn
Universiteit. Daar het 200 studente besluit om spontaan in ’n nabygeleë meer gedoop te word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 21/09/2023
Foto’s: Biltmore Church

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here