Artikelbron: Artikel verskaf
Die priester, Gabriel Calvo van Spanje, het destyds ’n reeks konferensies vir getroude paartjies ontwikkel met die doel om ’n oop en eerlike verhouding binne ’n huwelik te help ontwikkel en hul Christenskap in die huwelik uit te leef.
In 1968 het Charles Gallagher toe Marriage Encounter geformaliseer en het in die vroeë 70’s begin om die naweke vir getroude egpare wêreldwyd begin aanbied en het België, Indië en Rome daarmee bereik.
Marriage Encounter het Suid-Afrika in 1978 bereik en die eerste naweek is in Durban aangebied. In 2018 is Marriage Encounter se 40ste jaar in Suid-Afrika en sy 50ste jaar wêreldwyd gevier.
WIE EN WAT IS DIE WERELDWYDE MARRIAGE ENCOUNTER?
Marriage Encounter is ’n groep mense van die Rooms-Katolieke Kerk wat glo dat die huwelik ʼn wonderlike roeping is. Naweke word vir getroude paartjies aangebied en deur op so ‘n naweek te gaan, word die egpare in staat gestel om verantwoordelikheid te neem vir wat in hul lewens gebeur en die vreugde wat tot hul beskikking is, te ontwikkel of te vernuwe.
VIR WIE IS NAWEKE?
Dit is vir paartjies uit enige agtergrond, denominasie of sfeer van die samelewing wat hul verhouding wil laat groei!
- As julle ’n goeie huwelik het en baie met mekaar gesels: dit is wonderlik, maar daar is meer om te ontdek.
- As julle verhouding middelmatig is sonder enige groot probleme: julle kan nuwe lewe, nuwe diepte in julle huwelik ontgin.
- As julle ontnugter is en wonder of dit al is wat die huwelik behels of ooit sal wees: jy kan die antwoord hier kry.
Op hierdie naweke kan paartjies hul lewens verdiep en verryk, ongeag hoe lank hulle getroud is.
HOE KAN PAARTJIES DAARBY BAAT?
Namate die naweek ontvou, word verskillende onderwerpe behandel wat paartjies help om te kyk na hoe hulle hul lewens saam lei, die keuses wat hulle maak, hul ingesteldheid teenoor mekaar, hul frustrasies en hul vreugdes.
Dit is ‘n tyd vir jou en jou gade om alleen saam te wees. Dit bied jou stof tot nadenke om julle te help om gedurende die hele naweek net op julle verhouding te fokus, weg van die gejaagdheid van die lewe af.
IS DIT NET VIR ROOMS-KATOLIEKE?
Wêreldwye Marriage Encounter naweke word aangebied deur Rooms-Katolieke egpare en ’n Rooms Katolieke priester, maar enige iemand is welkom, en almal kan baat vind by die naweek – die fokus is verhoudings nie dogma nie.
WAT GEBEUR OOR SO ʼn NAWEEK?
Paartjies bly vir die hele naweek – van Vrydagaand tot Sondagaand – op die konferensieperseel.
’n Reeks praatjies word gelewer wat julle die kans bied om na julleself te kyk as individue, as egpare en na julle verhouding as ’n egpaar met God, die Kerk en die Wêreld.
Daar is ‘n positiewe benadering wat begin met die liefde wat julle reeds het en, in ’n stil en oordenkende atmosfeer, julle help om jul verhouding te bou, uit te brei en te verdiep – in watter rigting julle ook al kies. Alle beheer bly in die paartjie se hande.
Dit is ‘n kans vir julle om saam te wees, om te ontdek en helderheid te verkry oor wat julle in jul huwelik wil hê en waardeer, en om saam te kies waarop om te fokus.
RESPEKEER DIE NAWEEK DIE EGPAAR SE PRIVAATHEID?
Die naweek is streng op elke individuele paartjie gerig. Jy konsentreer in so ’n mate op jou huweliksmaat dat jy skaars bewus is van die ander paartjies wat teenwoordig is. Die aanbiedings word aan die groep as geheel gegee. Na elke aanbieding word tyd ingeruim vir die man en vrou om in die privaatheid van hul kamer hul eie persoonlike bespreking te hê.
Daar is geen groepbespreking nie.
VIR WIE IS NAWEKE NIE?
Paartjies wat van mekaar geskei is of wat op die punt staan om van mekaar te skei/ huwelike wat in die moeilikheid is.
Hierdie is NIE ‘n toevlugsoord OF beradingservaring vir paartjies met “probleme” nie.
Stuur aansoeke en navrae aan: mewc78@gmail.com
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 08/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.