Artikelbron: morningstarnews.org
Ses Keniaanse handelaars is glo verlede week in Somalië deur Moslem-vegters van die Islamitiese ekstremistiese groep Al Shabaab vermoor. Morningstar News berig dat die mans doodgeskiet is omdat hulle na bewering die Evangelie verkondig het. Die terroriste het ook hul winkels aan die brand gesteek.
Die Christene, wat hul geloof om veiligheidsredes geheim gehou het, het al ses jaar lank plastiekgereedskap en ander huishoudelike items in Dhobley, Somalië se Benede-Juba-streek, verkoop. “Ons broers het sake gedoen om hul gesinne te onderhou, maar het ook die liefde van Jesus Christus met die Moslems in Dhobley gedeel,” het ’n kerkleier van die noorde van Kenia aan Morning Star News gesê. “Twee lede van ons kerk het onlangs berig dat verskeie Moslems in die geheim aandgebede bygewoon het. Dit is waarskynlik wat Al Shabaab aangespoor het om die mans dood te maak; omdat hulle Christenskap in die gebied versprei het.”
Die kerkleier, wat om veiligheidsredes verkies om anoniem te bly, identifiseer die gesneuwelde Christene as Joseph Githonga en Simon Karimi van die Oos-Afrika Pinksterkerk, Peter Muthuri en Thomas Muthee van die Kenya Assemblies of God, en James Mwendwa en John Kathure van die Anglikaanse Kerk.
Die aanvallers het die ses mans in hul gehuurde gebou waarin hulle gewoon het en ook hul besigheid bedryf het, aangeval. ‘n Oorlewende van die aanval het berig dat ’n voertuig vroeg die oggend by die handelaars se winkels opgedaag het en dat vier gemaskerde mans toe begin vuur het op die handelaars. Vier is op die toneel dood terwyl die ander twee mans later oorlede is. Die aanvallers het ook hul winkels aan die brand gesteek.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 08/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.