Artikelbron: gatewaynews.co.za

“’Wonderlike dinge gebeur by Mighty Men-konferensies en vanjaar se MMC in Jeffreysbaai wat op Sondag 24 Maart geëindig het, was geen uitsondering nie,’ skryf Piérre Maré, ’n vrywilliger by die geleentheid en skrywer van hierdie verslag,” berig Gateway News.

Maré skryf in sy verslag dat daar by verlede jaar se konferensie ‘n teken was in die vorm van ’n kring om die son terwyl duisende vir reën gebid het. By vanjaar se konferensie was daar getuienisse van ’n man wat opgestaan en uit ’n rolstoel en weer begin loop het, iemand anders wat se sig herstel is en vele ander soortgelyke getuienisse.

 

Volgens die berig was die “mees diepgaande resultate” van die geleentheid die menigte individue – mans, vroue en kinders – wat hulle lewens aan Jesus Christus toegewy het.

“As jy onder diegene is wat onlangs hierdie besluit geneem het, wonder jy dalk wat die volgende stappe in jou reis moet wees. Ek moedig jou aan om te oorweeg om by ’n plaaslike kerk aan te sluit waar jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees kan ervaar. Raak betrokke by ’n mansgroep of begin self een. Onthou, soos jy verniet ontvang het, gee verniet!” skryf Maré

Die gassprekers was Ockie Fourie, Zane Meas, Martin Douglas, Morné Venter en Eugene Genis – wat die menigtes bedien het en blywende indrukke gelaat het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 08/04/2024
Foto’s: facebook.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here