Deur: Karen Faulkner, Worthy News
Artikelbron: www.worthynews.com
Te midde van die wêreldwye debat oor die uitwerking van kunsmatige intelligensie- (KI-)tegnologie op die wêreldwye arbeidsmag, het Thailand sy eerste KI-verslaggewers op een van sy voorste televisienuuskanale bekendgestel, berig die Washington Times.
Op Thailand se Nation TV-nuuskanaal het die vroulike KI-verslaggewer Natcha en haar manlike eweknie, Nitchan, onlangs die “Nation News Alert”-segment behartig, het die Times gesê.
“As ’n toonaangewende nuusstasie wat op innovasie gefokus is, het Nation TV-kanaal 22 ’n geleentheid gesien om generatiewe KI te gebruik om ons nuusaanbiedingsvermoë te verhoog,” het Apirawee Pichayadecha, Nation TV se besturende direkteur, in ’n verklaring gesê. “Ons het KI gebruik om vroulike nuusverslaggewer Natcha en haar manlike eweknie Nitchan te skep, wat die eerste nuusverslaggewers in Thailand sal wees.
“KI-verslaggewers sal help om die werk van ons redaksionele afdeling te ondersteun, sodat [menslike] verslaggewers meer tyd kan hê om te fokus op die insameling en verifikasie van inligting,” het Pichayadecha bygevoeg. “Nuusberiggewing deur Natcha en Nitchan sal vergesel word van outomatiese onderskrifte wat kykers sal laat voel dat hulle na regte persone luister.”
Pichayadecha het opgemerk dat China en Indië reeds KI gebruik vir verbeterde dataverwerking en – analise om produktiwiteit en nuusgehalte te verbeter, berig die Times.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 09/04/2024
Foto: Facebook/Nation TV
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.